JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

01 March 2010

Besoek aan Noordwestak: 17 April 2010: Moenie dié een misloop nie


Die Wes-Gautengtak se volgende maandvergadering behels 'n besoek aan die Noordwestak in Klerksdorp op 17 April 2010.

Dit sal 'n uiters leersame dag vir enige genealoog wees, gemeet aan die program, soos hieronder weergegee.

Lede word versoek om met John Stephens, mede-vise-voorsitter en sekretaris van die Wes-Gautengtak, te skakel om reisreëlings te tref, in die besonder om saamrygeleenthede te skep. Sy besonderhede is in die regterkantlyn.

Vir diegene wat op hul eie wil reis: die byeenkoms word gehou by die Klerksdorp-museum, gehuisves in die ou tronk. 'n Padkaart verskyn hieronder.

TydPersoonAanbieding
09h00Verwelkoming
09h30Hendrik LouwPresident, GGSA
10h30Prof Christo Viljoen Hugenote-vereniging van SA en GGSA
11h30Prof Francois vd WesthuizenGenetika vir Genealogie: Benadering en Beginsels
12h30Isabel GroesbeekPraktiese Wenke
13h30Isebelle Krause en Virginia VettenLDS, Rekords en Stelsels
14h00Johan Wolfaart -- OorlogmuseumAngloBoere-Oorlog: Periode-drag

Klik op die kaart om dit te vergroot.