JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

31 January 2012

Newsletter: January 2012

 The latest newsletter of the branch is published below. Please be patient while it is loading. Use the icons below the report. "View in fullscreen" produces best results.
Wes-Gauteng-nuusbrief 2012-01

30 January 2012

Die arm-Blanke vraagstuk en die Afrikaner

Deur John Stephens

John Stephens
Ons tak het Saterdag, 28 Januarie 2012, na ‘n uitstekende toespraak oor hierdie saak geluister. Wat my egter van die toespraak gepla het, is dat daar dalk van ons lede is wat dink dat die Afrikaner van die vorige eeu ‘n agterlike mens was. Dit was gewis nie so nie.

• Om hierdie stelling deur te trek moet ons veel verder teruggaan. Ons moet in gedagte hou dat in 1834 – 1836 die Afrikaners uit die Kaapprovinsie padgegee het en ‘n nuwe toekoms in die onbekende binneland gaan soek het. Daar is talle redes hiervoor. Die Britse owerheid wou nie aandag gee aan die probleme op die Oosgrens nie. Die aangrensende swartes het boere se huise aangeval, vee gesteel en blankes uitgemoor.

• Gelukkig was daar nog Afrikanerleiers met deursettingsvermoë en is daar besluit om liewer die onbekende aan te durf as om langer onder die Britte te staan en deur die Swartes uitgemoor en besteel te word.

• Vandag klim ons in ‘n vliegtuig en ons is binne ‘n ommesientjie waar ons wil wees. Daardie dae was die vervoermiddel ‘n Voortrekkerwa. Ruimte was uit die aard van die saak baie beperk. En tog het die Afrikanervroue hul mooi breekgoed en linnegoed ingepak en op die trek gebruik. Hulle was beskaafd.

• Verder moet daar in gedagte gehou word dat die Groottrek geheel-en-al teen die kerke se wil was. Daar was geen predikant wat kans gesien het om die Trek te vergesel nie. Net eerwaarde Erasmus Smit het as geestelike leier saam getrek. Vergeleke met vandag se Afrikaners kan mens maklik sê dat geestelik en Godsdienstig daardie Afrikaners op ‘n baie hoër trap was as baie van vandag se Afrikaners. Wie is dus die agterlikes?

• Ons ken die geskiedenis van hoe die blankes ook op die trekpad uitgemoor is en sy besittings geroof is. En moenie laat daar vertel word dat hierdie geskiedenis verdraaide geskiedenis is nie. Daarom staan daar bakens langs hierdie paaie wat aantoon wat ons voorgeslag moes ly en deurmaak.

• Ons mense het uiteindelik in die Oranje Vrystaat en Transvaal ‘n tuiste gevind. En net toe dit lyk asof ons nou ons voete gevind het, kom die goudstormloop. Ons mense op die plase het knellende droogtes en die runderpes deurgemaak. Meeste was maar net bestaansboere. En toe die geroesemoes van fortuinsoekers in Johanesburg aankom, is die Afrikaner opgeslurp in hierdie fortuinsoeke. Boere het hul plase verlaat en die goudvelde ingevaar.

• Kom ons dink net terug aan hoe Johannesburg op daardie stadium sou lyk. Dit was ‘n onontwikkelde dorpie. En skielik staan daar die een kroeg na die ander daar op. Daarmee saam stringe bordele. En waar is die kerk? Eers in Mei 1887 kom proponent J.N.Martins in Johannesburg aan. Die moedergemeente Johannesburg word in daardie selfde jaar gestig. Vandag bestaan baie van die ou plaasname nog in Johannesburg: Braamfontein, Langlaagte, Turffontein en Bezuidenhoutsvallei.

• Kort na die aankoms van die jong onervare predikant verskyn daar die volgende berig in De Kerkbode: “Met die geestelike toestand van hierdie plek is dit ellendig gesteld; goeie brawe jongmense (boereseuns) uit die Kolonie en die Vrystaat sien ‘n mens saans in ‘n besope toestand deur die strate waggel. Die oorsaak is dat baie van die jongmense wat hierheen kom – soos dit die gewoonte hier op die Goudvelde is – ‘n klein tentjie opslaan van drie voet hoog en sewe of agt voet lank, net om in te slaap en te was. “ Dan volg vereensaming en die soeke na warmte wat hulle dan in die biljaartkamers van die hotelle vind. Dan volg verleiding. Die invloed van die Boerehuis is nie meer daar nie.

• Stel jou voor die armoede wat daar toe geheers het. In die Vrystaat en ook in Transvaal.

· Die Britte, en by name Lord Milner, wou die Afrikaner wys wie nou baas is. Op skool sou die kinders dan net Engels kon leer en selfs met mekaar net Engels kon praat. Maar die Afrikaner laat hom nie so verneder om nou ook die taal van die onderdrukker te moet besig nie. Oral word CNO (Christelike Nasionale Onderwys) skole in die lewe geroep. Hier lewer die kerk ‘n reuse-bydrae tot die behoud van die Afrikanerkind en sy opvoeding.

· In sommige huise verander die Afrikanernaam by voorbeeld van Jakobus na James; van Maria na Mary; van Johannes na John. Ongelooflik! Maar Milner seëvier nie!

• Die kerk het toe sy bes probeer om die Afrikaner op te hef. maar skaars was hy op sy voete of die Rebellie van 1914 breek uit. Boer teen Boer. Jan Smuts en Louis Botha teen Christiaan de Wet, Koos de la Rey, C.F Beyers, Kemp en Maritz. En die smarte duur voort.

• Nog is dit die einde nie, want van 1914 – 1919 breek die Eerste Wereldoorlog ook uit.

· Dis verstommend. Dit was soos ‘n boksgeveg. Die Afrikaner was teen die planke. Stadigaan was hy besig om op sy knieë te kom. Maar toe tref die volgende hou hom. Die ergste griep-epidemie breek in 1918 in die wêreld uit. Ook Transvaal en die Vrystaat loop deur. Derduisende mense sterf. Soms is hele huisgesinne uitgewis. Anderkere weer was dit ‘n pa en ma, of een van hulle plus van die kinders. Die uiteinde daarvan was dat talle kinders wees nagelaat is en sorgbehoewend geraak het. Die kerk het hier die opheffende en versorgende hand uitgesteek en kinderhuise het hierdie wesies ingeneem.

• Die klappende koeëls het net stil geword toe breek daar die 1922 Mynwerkerstaking uit.

• In Julie 1923 word daar ‘n Volkskongres oor die arm-Blanke vraagstuk in Bloemfontein gehou. Die toestand het so versleg en werkloosheid, en volksverarming het so toegeneem dat die kerk hierdie kongres gehou het. Daarna volg verskeie reddingspogings. Na die Tweede Vryheidsoorlog is daar talle oorlogswesies en kinders van ouers wat net nie daartoe instaat was om vir die kinders te sorg nie. So ontstaan die Abraham Kriel Kinderhuis in die Langlaagte gemeente. Wonderlike opheffingswerk is deur die jare hier gedoen.

• En die einde is dit nog nie. Daar breek die depressie uit en Afrikanermans werk soos slawe op die paaie met pik en graaf teen ‘n bitter klein besoldiging. Die dertigerjare bring verder mee dat daar van die goudstandaard afgestap word.

• In 1934 word ek gebore, midde in die depressie. Ja, ek was ‘n arm klein seuntjie. My pa was ‘n mynwerker. My ma was die anker en het nie alleen net haar eie nege kinders groot gemaak nie, maar later ook nog vier gekommiteerde kinders.

• En vriende, moenie glo dat die Afrikaner agterlik is nie. Hy staan sy man op elke moontlike terrein in die lewe.

• Ons het gehoor van die Carnegie-verslag, maar net daarna was daar weer ‘n Volkskongres. Miskien wil mense nie hiervan hoor nie, want daarin het dr. Hendrik Verwoerd ‘n baie prominente rol gespeel. Dan breek die Tweede Wereldoorlog uit en die Afrikaner word in talle verskillende kampe gejaag. Sommiges volg Jan Smuts aan die Britte se kant. Ander staan vyandiggesind teenoor enigeen wat dit durf waag om die rooilissie te dra.

• Nee, die Afrikaner is geensins agterlik nie. Ja, nes in alle ander volke is daar ook diegene wat in die agterlike kategorie val, maar, met groot trots kan ek my Afrikanerbors uitstoot. Jy kan dit ook doen!

The poor white question in South Africa.

By Penny Evans

On 21 January 2012 Neels Coertse gave a talk to the West Gauteng branch of the GSSA on the poor white question in South Africa.

Neels Coertse with his technical equipment.
In 1932 the Carnegie Commission of Investigation published their report on the problem of poverty in the white community. This problem had been investigated for the previous 40 years. The investigation identified two groups of poor whites. The first group were those living off the land, for example nomadic Afrikaner farmers, tenant farmers, herdsmen and labourers living in drought stricken areas. It included hunters from the Transvaal, foresters of Knysna, George and Tsitsikama.

The second group were those who had left the farming community. This group included those who had moved to rural villages and become poor whites, those who had moved to industrialized towns and who made a living as poorly skilled labourers and those who moved to the diamond diggings. Projects such as the building of dams employed many unskilled labourers.

The causes of inadequate adaption were discussed in the report. The heritage of the Groot Trek, the Anglo Boer War and rapid development of agriculture and the railways were factors. People were not prepared for these changes. The development of mining and industry caught the farmers unprepared. Education did not keep up with the rapid changes taking place in South Africa. Vocational and technical training was regarded as being inferior. Poor work ethic and social isolation had a negative effect on the well being of the people.

The commission realized that assistance was needed in order to deal with the problem and recommended improving farming methods and introducing agricultural training. Education to eliminate illiteracy, instilling a culture of reading, using better teaching methods and resources. School hostels for needy children. Special schools for children with special needs. Compulsory schooling till fifteen years of age. Use of the radio to educate farming communities. State assistance was needed to improve teacher training. Facilities for adult education were needed. Life skills had to be addressed and improved.

Data was collected regarding the high death rate. These factors were poor sanitation, overcrowded living conditions, water pollution, malaria, malnutrition and epidemic illnesses.

The value of the mother in the household was recognized. She had to be educated in healthier ways of food preparation and encouraged to grow vegetables. Continuous education was needed concerning ill health and care of babies. There was a need to develop clinics. A basic knowledge of nursing was needed. Isolation and lack of stimulation contributed to a lack of family development.

The commission felt that the aim of giving assistance to the poor was to help people to help themselves.
Throughout his talk Neels Coertse continually drew parallels between our historical background and our present society. This was an interesting and well researched talk.

28 January 2012

Notules: Januarie 2011

Notule van  die Komiteevergadering, gehou om 12.00 op 21 Januarie 2012, in die Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers.

Teenwoordig: Lucas Rinken (voorsitter); Louise Dick; Margaret Humphries; Penny Evans; Neels Coertse; Gerard Marloth; Giel Nel; Dennis Pretorius; Bob Saunders; Graham Southey; John Stephens.
1.Verwelkoming: Die voorsitter heet almal hartlik welkom.
2. Verskonings: Barbara Bouwer; Kriek Fourie.
3. Notule van vorige vergadering: Op voorstel van Bob Saunders, gesekondeer deur Neels Coertse, word die notule as gelees beskou en goedgekeur.
3. Sake uit die notule:
3.1  Inligtingsbrosjure, vorms en vraelyste: Bob Saunders rapporteer dat (1) die brosjure/vorms gereed is om geimplementeer te word. Die Afrikaanse weergawe sal deur Neels nagegaan word. (2) Bob wil fotos van komiteelede by die lys van komiteelede plaas maar het nog net een van Penny Evans. (3) Hy werk aan ‘n lidvorm. (4) Bob benodig nog produkpryse vir die lys produkte. Lucas onderneem om die pryslys aan Bob te stuur. (5) Bob werk ook aan die brosjure met inligting oor die Beginnerskursus; GGSA se nuwe webwerf; asook ‘n skakel (link) na ons s’n; Dennis Pretorius sal Ferdie van Wyk vra om GGSA se webwerf op te dateer. (6) Die Hobby-X-brief sal vanjaar gebruik word. (7) Die brief aan gewese lede (ou lede) kan vanjaar deur die nuwe Komitee in werking gestel word.
Die voorsitter bedank Bob baie hartlik vir die groot taak wat hy verrig.
3.2  GGSA-plakkate:Druk op  A2 formaat. Bob het die CD en sal die drukwerk doen met die oog op  4 Februarie 2012 se uitstalling by die Roodepoortse Museum. Lucas sal die laminering daarvan laat doen.
4. Beplanning van byeenkomste:
* 22 Oktober 2011: Kursus in Genealogie vir Beginners:Richard, Dennis. Dennis gee terugvoering nadat Lucas die  kursusgangers se kommentaar voorgelees het. Dennis noem dat die kursusgangers die verwelkomingsbrief moet kry. Hy noem verder dat die konsistorie te klein is en nie geskik is vir die aanbied van ‘n kursus nie. Ook dat daar geen tafeldoeke oor die tafels was nie en daar moet moontlik vanjaar twee kursusse aangebied word.
Die voorsitter bedank Dennis, Richard en Margaret vir hulle insette met die kursus.
* 5 November 2011: NUK-vergadering hier by Wes-Gautengtak. Die koste wat ons aangegaan het kan van NUK verhaal word.
* 19 November 2011: Die afsluitingsgeleentheid was heel aangenaam. Neels se “geskenk” moet deur hom aan die verskillende biblioteke versend word. Hy sal ook die verkoopprys van die CD’s vasstel.
Datums vir Takbyeenkomste in 2012:
21 Januarie: Spreker: Neels Coertse oor die Armesorgvraagstuk van die dertigerjare. (Depressiejare).
4 Februarie: Museum- en Genealogiedag van 09.00 – 15.00 by die Roodepoortse Museum. Noord-Transvaaltak en Isabel Groesbeek kom. Die koste van R500 is vir ons verlaag deurdat daar R200 van die ander deelnemers inbetaal is. Hierdie uitstalling bring vir ons Tak en die GGSA publisiteit en blootstelling. Ons bou ook verhoudinge met die plaaslike Museum. Ons kry goeie media-blootstelling.
18 Februarie: Tak se Algemene Jaarvergadering. Besluit dat Dennis ‘n aanbieding oor die Begrafnisbriefieprojek sal aanbied en dat lede hul briefies kan bring om ingeskandeer te word. Die briefies sal dan aan Hobbie Stoffberg, die projekleier, gestuur word.
29 Feb – 4 Maart: Hobby-X-uitstalling by die Dome. Lucas onderneem om weer aan die hoof te staan van die uitstalling daar. Later sal medewerkers gevra word. Lucas noem dat die skerm aan die Tak deur sy seun geleen word. Daar word besluit dat die sekretaris  die NUK skriftelik sal nader  om ‘n donasie vir T-hemde wat by Hobby-X gedra sal word. Daar is heelwat GGSA-hemde by Lucas beskikbaar. Die prys moet nog bepaal word.
16 – 17 Maart 2012: NUK-Algemene Jaarvergadering by UNIONDALE, gereël deur eGGSA. Besluit dat Bob Saunders en Lucas Rinken die Tak daar sal verteenwoordig.
17 Maart: Spreker: Christoff  Erasmus oor “Genetiese voorouer bepaling van die Afrikaner populasie in Suid-Afrika: Verband tussen stambome en genetiese inligting.”
Die volgende sake staan oor:
21 April: Spreker: Alan Jeffrey van die Brenthurst Library  praat oor: “The preservation/conservation of old documents, photographs, pictures, etc.”  Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, om 14.00. Daar word besluit dat ons‘n besoek aan hulle biblioteek reël.

Please Note: “Members should bring in examples of the things they have, it makes it much easier for everybody if there are things to look at and discuss.  Alan does not have a standard ‘lecture’ on conservation/preservation.  It would help if there was a variety – books, albums, framed pictures, photographs etc.”  
19 Mei: Moet nog beplan word:
16  Junie: (Vakansiedag – Moet ons skuif?) Werkswinkel oor eie navorsingsprobleme: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin.
21 Julie: Moet nog beplan word.
18 Augustus: Moet nog beplan word.
15 September: ‘n Takbesoek aan die ABO-Museum, Bloemfontein kan deur die nuwe komitee oorweeg word.
1 September :Van 09.00 af:  Die nuwe komitee moet besluit of ons weer ‘n stalletjie sal  beman, ten bate van ons tak, by die Genealogie- en Familie-erfenisfees by Ned.Geref.Kerk Lynnwoodrif, Pretoria, soos gereël deur Isabel Groesbeek.
29 September: Genealogiedag by die Roodepoortse Museum se Erfenisdagviering, om 11.00 – 16.00. Die nuwe komitee moet besluit of ons weer ‘n stalletjie sal  beman, ten bate van ons tak.
6 Oktober:  Beginnerskursus in  Genealogie / Gevorderde kursus in Genealogie. Die nuwe komitee moet besluit of ons weer ‘n kursus wil aanbied.
20 Oktober: Werkswinkel oor eie navorsingsprobleme: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, 14.00.
17 November: Afsluiting: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, om 14.00.
                                                                                                                                          
Die nuwe komitee sal daarop gewys word dat die programdatums vir 2012  TENTATIEF is en moet dus deur die nuwe Komitee bevestig word, behalwe waar daar reeds met sprekers gereёl is.

5. Verslae:
**** NB: Voor 19 Januarie 2012 moet elke komiteelid asseblief ‘n skriftelike verslag oor hul portfolio by die sekretaris indien. Ook asseblief ‘n tesouriersverslag vir die jaar eindigende 31 Desember 2011. 
Skriftelike verslae uitstaande: Voorsittersverslag; Produkverkope en Begraafplaasprojek

5.1  Finansiële geskrewe verslag: Dennis se skriftelike verslag word met groot dank goedgekeur. Daar word besluit dat die sekretaris ‘n brief aan NUK stuur waarin gevra word of takke se waardevolle items onder een polis in die naam van GGSA verseker kan word. Ons Tak se bates is tans nie verseker nie.
5.2  Lidmaatskap: Gerard se skriftelike verslag word met dank aanvaar. Gerard en Dennis sal ‘n ander eposadres, asook faksadres, vir die Tak skep.
5.3  Nuusbrief: Neels se skriftelike verslag word met dank goedgekeur. Neels sal die verkoopprys van die CD’s/DVD’s vasstel. Besluit om dit voorlopig teen R50 elk te verkoop. Hy sal ook skakel met MuseumAfrica vir die plasing van Bybelfotos op die web.
5.4  Biblioteek: Graham en Louise se skriftelike verslag word met groot dank goedgekeur. Bob oorhandig 9 boeke wat ‘n kollega aan ons Tak geskenk het en Lucas onderteken die brief van dank en waardering. Bob word ook bedank.
5.5  Produkverkope: Skriftelike verslag: Uitstaande: Kriek. Besluit dat hy ‘n inventaris opstel van die produkte sodat dit aan die Tesourier oorhandig kan word vir inkorporasie in die jaareind-geldelikeverslae.
5.6  Kommunikasie: Penny se skriftelike verslag word met groot dank goedgekeur. Penny kan ook die artikels wat sy vir die nuusbrief en blog skryf aan die media stuur.
5.7  Begraafplaasoptekening: Skriftelike verslag: Uitstaande. Giel.  Die Metroraad se Parke-afdeling moet ook ‘n kopie kry. Daar word besluit dat ‘n kopie van begraafplase wat opgeteken is, ook in die biblioteek gehou sal word. Besluit dat die werk aan die Panorama begraafplaas by einde Junie 2012 afgehandel sal wees. Daar word kennis geneem dat Peter Moss Giel, John en of Lucas of Bob sal ontvang en die begraafplaasoptekening met hulle sal bespreek. Dennis sal met Isabelle Krause skakel om te hoor of hulle die registers sal fotografeer en ons ‘n kopie daarvan sal gee. Giel moet aan die afhandeling van projekte prioriteite toeken.
5.8  Verversings ens.: Margaret se skriftelike verslag word met groot dank aanvaar. 19 November se Bring-en-Braai, se kostes is deur die tak betaal.        
5.9  e-SAGI: Dennis noem dat daar in 2011 71 e-SAGI’s verkoop is. Hy vra weer dat lede Lucas sal bystaan met e-SAGI aangesien hy dit stoksiel-alleen doen en die Tak die vrugte daarvan pluk. E-SAGI staan tans op 611 000 name.
5.10                      Herman se CD: Gedclean: Gerard werk nog hieraan.
5.11                      Olifant-opeet: Dennis. Staan oor.
5.12                      Inventaris: Penny en Margaret het die inventaris vir breek- en kombuisware op skrif ingedien. Hulle word baie hartlik daarvoor bedank.
6. Komitee vir 2012: Bob is beskikbaar vir die voorsitterpos; Neels verkies om Redakteur van die Nuusbrief te bly; Kriek wil by Produkverkope bly en Giel wil as Begraafplaas-koördineerder aanbly.  Lucas sal as assistent-tesourier vir Dennis help.
Ander komiteelede is bereid om aan te bly op die Komitee:Dennis as Tesourier; Assistent-tesourier Lucas Rinken; Bibliotekaris: Graham; Assistent bibliotekaris: Louise Dick; Sekretaris Ledesake: Gerard; Communication/Blog: Penny sou graag vervang word; Secretary Events: Margaret sou graag vervang wou word maar sal aanbly indien niemand bereid is om oor te neem nie.

Hierdie sake staan oor:
7. Enige ander sake:   7.1 Familiebybels: Neels.
7.2 Richard se voorstel met die oog op sprekers oor eie navorsing.
7.3 Mentors
7.4 Lede eie navorsing vanjaar vir biblioteek gee.
7.5 Uitstappies vanjaar
7.6 Vergadering oor lede se vrae
8. Verdaging: Die vergadering verdaag om 13.45 om die Takvergadering by te woon.


Notule as gelees beskou, GOEDGEKEUR en geteken op .......................... 2012

.....................................         ....................................
Voorsitter                                Sekretaris

Notule van die Takvergadering, gehou om 14.00 op 21 Januarie 2012, in die Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers.

Teenwoordig: Lucas Rinken (voorsitter); Neels Coertse (Spreker); Louise Dick; Graham Southey; Hennie en Marie van Aswegen; Barbara Bouwer; Louw du Plessis; Herman en Anna Esterhuizen; Penny Evans; Richard Ford; Margaret Humphries; Hennie le Roux; Joe le Roux; Gerard Marloth; Giel Nel; Pieter Oosthuizen; Dennis en Minnie Pretorius; Christa Roberts; Bob Saunders; Colin Steyn; Robyn Templeton; Gwyneth Thomas; Johan Lourens; Petro Meyer; Elizabeth Lawrence; Elmarie Pieterse; Johan Lourens (besoeker); Richard Wolfaardt; Iris en John Stephens.(33)

1.Verwelkoming: Die voorsitter verwelkom almal teenwoordig en in die besonder vir Elmarie Pieterse en Johan Lourens (besoeker).
2. Verskonings: Ruth Jobson; Lindsey Goslin; Lynette Pratt; Kriek Fourie; Ilse van Zyl; Frans en Donna Viljoen; Elsabe Calitz.
3.Afkondigings:
Verjaardae: 25 Jan. – Graham SOUTHEY; 26 Jan. – Louise DICK; 4 Febr. – Hennie LE ROUX en Donna VILJOEN
Oorhandiging van Merietesertifikate: Die voorsitter oorhandig merietesertifikate aan Barbara Bouwer; Louise Dick; Richard Ford; Gerard Marloth en Bob Saunders.
4 Februarie 2012: Genealogie- en Museumdag by die Roodepoortse Museum - 09.00 – 15.00
18 Februarie 2012: Ons Tak se Algemene Jaarvergadering om 14.00 hier. Ons nuwe komitee word dan gekies daarom is dit uiters belangrik dat elke lid daar sal wees en sal sorg dat die jaargeld van R200 (posafgelewerde Familia) 0f R150 (elektroniese Familia) betaal is.
Voorstelle (Suggestion Box)
Vergadering vandag: Spreker: Neels Coertse oor die Armesorgvraagstuk van die Dertigerjare (Depressiejare).
Die voorsitter stel Neels aan die woord.
4. Toespraak deur Neels Coertse oor Die Armesorgvraagstuk van die Dertigerjare.
5. Dankwoord: Die voorsitter bedank Neels baie hartlik vir die baie interessante toespraak.
6. Verdaging vir verversings: Die vergadering verdaag om 15.30 om verversings te geniet. Margaret en die dames word baie hartlik bedank vir die verversings.

Notule as gelees beskou, GOEDGEKEUR en geteken op .......................... 2012

.....................................                ....................................

Voorsitter                                        Sekretaris

20 January 2012

Newsletter: December 2011

 The latest newsletter of the branch is published below. Please be patient while it is loading. Use the icons below the report. "View in fullscreen" produces best results.
Wes-Gauteng-nuusbrief 2012-01

13 January 2012

'n Lusmaker vir die jaar

Deur John Stephens

Ons eerste vergadering van die komitee en die tak vanjaar is op 21 Januarie. By hierdie geleentheid luister ons na ons eie Neels Coertse.  Hy sal praat oor die Depressiejare en die Arm-Blankevraagstuk van die Dertigerjare. Dit behoort ‘n baie interessante voordrag te wees en vir baie van ons lede inligting gee oor Afrikaners wat hulle nie geweet het nie.

Op 4 Februarie 2012 is daar weer ‘n geleentheid saam met die Roodepoortse Museum om ‘n Genealogie- en Museumdag saam te hou.

Op 18 Februarie is dit ons Tak se AJV en sal daar heelwaarskynlik nogal ‘n aantal veranderinge aan die Tak se Uitvoerende Komitee (TUK) wees.

Lucas Rinken het aangedui dat hy nie weer beskikbaar is nie. Hy dien nou amper ses jaar as voorsitter. Sy gesondheid is nie na wense nie en hy voel dat dit nou iemand anders se beurt is om die leisels oor te neem. Bob Saunders het aangedui dat hy bereid is om die taak oor te neem. Sy gesondheid is egter ook nie van die beste nie. Neels Coertse wil die Nuusbrief-portefeulje behou. Kriek Fourie is tevrede by Podukverkope en Giel Nel by die Begraafplaasprojek. My gesondheid is ook nie na wense nie.  Daarom sal dit beter sal wees as ‘n nuwe sekretaris gekies word. Alhoewel ek die werk geheel-en-al geniet, kan mens nie altyd doen wat jou hart vra nie.

Die program vir hierdie jaar is al ver gevorder.  Die nuwe komitee hoef net die tweede helfte se program in orde kry.