JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

WIE IS ONS?

Hierdie is die blog van die Wes-Gautengtak van GGSA. Dit bedien die gebied van die Johannesburg-omgewing, die Wes- en die Oos-Rand. Die GGSA het verskeie takke landwyd.

Lede van die tak vergader maandeliks waartydens 'n praatjie gelewer word. Tyd word vir vrae toegelaat. Enige persoon is welkom.

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) bied 'n tuiste aan alle vlakke van genealoë met die doel om meer van hul voorouers en kultuur te wete te kom.