JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

19 April 2010

Die Genealogiedag in Klerksdorp

Deur John Stephens, mede-vise-voorsitter en sekretaris

Vir sommige van ons was dit nogal ‘n uittog om reeds voor 09:00 ons stalletjie by die Genealogiedag in Klerksdorp gereed te hê. Danksy 'n spanpoging was die sake in orde toe die eerste mense hul familienavrae begin vra het.

Bo: Hendrik Louw, GGSA-president, gesels met teenwoordiges by die Genealogiedag in Klerksdorp. (Klik op enige foto om dit te vergroot.)

Daarna het dit eenvoudig net nie afgeneem nie. Die hele dag, ononderbroke, het Lucas Rinken die e-SAGI laat werk. Talle en talle navrae is hanteer. Met die hulp van Kriek Fourie is ‘n hele aantal CD’s ook verkoop.

Maar laat ek voor begin. Herzola van Heerden en Altha van Zyl van die Klerksdorp-museum, in samewerking met GGSA se Noordwestak, het hierdie genealogiese dag op 17 April 2010 in die Munisipale Museum, Klerksdorp (die ou tronk) aangebied. Die doel van die byeenkoms was om genealogie onder die algemene publiek te bevorder.

Kenners van talle vanne (familiename) het hul kennis met die publiek gedeel. Stalletjies het met die spesifieke van (familienaam) buite-op gespog. Sowat 200 mense was teenwoordig. ‘n Mens kon inligting kry oor die Anglo-Boereoorlog en krygsgevangenes; oor 'n verskeidenheid familiename en boeke oor genealogiese onderwerpe was volop.

11 April 2010

Risks of family tree research

London - Researching the family tree may seem an innocuous exercise in understanding your history, until you discover Uncle Albert is really your father.

A new study reveals that people researching their family history often open a Pandora's Box of secrets that can unsettle and offend relatives, sometimes permanently damaging relations, News24.com reports.

University of Warwick sociology professor Anne-Marie Kramer told the British Sociological Association's annual conference in Glasgow on Friday that, of the 224 people who gave her details of their family history research, around 30 mentioned conflict.

Kramer said the main causes of conflict were uncovering unwelcome information, wanting information from relatives who didn't wish to give it, giving relatives inaccurate information, spending more time researching than with loved ones, and coming into contact with hostile relatives.

07 April 2010

Nuusbrief: April 2010

Neels Coertse se jongste nuusbrief van die tak verskyn hieronder. Wees asseblief geduldig terwyl dit laai. Klik op "Full Screen" hieronder om dit te vergroot.
 

01 April 2010

Nuwe Begraafplaas-DVD en Familia-CD: R70 elk

Twee baie gewilde produkte van die GGSA is pas herbekendgestel met baie nuwe data.

Die nuwe Begraafplaas-DVD het meer as 60 000 bykomende name. Dit is die afgelope naweek by die GGSA se algemene jaarvergadering in Pretoria bekendgestel. Een van die nuwighede daarop is dat gebruikers kan sien wat nuwe en wat ou data is.

Die Begraafplaasprojek (Cemetery Recording Project) van die GGSA het nou gegewens van nie minder nie as 360 000 grafte in Suid-Afrika.

Vir die oningeligtes: die Begraafplaasprojek behels die optekening van grafte van veral plase en kleiner dorpies in Suid-Afrika.

Bywerkings word deurentyd gedoen.


Bo: Vise-president, Petro Coreejes-Brink (regs), ontvang die nuwe 
Begraafplaas-DVD van Beverley en Peter Moss, die samestellers daarvan.

Die FAMILIA-CD bevat artikels van die hele reeks Familia's tot aan die einde van 2009 -- met 'n volledige indeks daarby.  Familia is 45 jaar gelede gevestig.

Familia is die kwartaalblad van die Genootskap. 'n Artikel oor Familia en sy redakteur, Richard Ford wat in 2007 op ons ou blog verskyn het, is HIER.

Albei produkte is winskopies teen R 70 elk -- as julle voorheen weergawes daarvan gekoop het.

Dit kan bestel word by enige tak van die GGSA of by André Heydenrych, nasionale tesourier van die GGSA. Sy epos-adres is: aheydenr@mweb.co.za. KLIK HIER as u nóú 'n epos aan André wil stuur.