JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

28 February 2013

Ná ses jaar is dit tyd vir 'n nuweling

Japie Bosch
Dit is met spyt dat ek vandag die tuig as webmeester van dié joernaal neerlê, skryf Japie Bosch.  Persoonlike omstandighede en die afstand tussen die tak in Roodepoort en my tuiste in Jeffreysbaai het dit meegebring.

Op een maand na het ek dit vir ses jaar bedryf.

In dié ses jaar is die joernaal (blog) een keer herontwerp, maar die oue het behoue gebly en dit word steeds gereeld besoek.  Die twee joernale is saam bykans 39 000 keer besoek en al die berigte is altesame 66 000 keer gelees.  Dis 'n aanduiding van hoe wyd die tak se aktiwiteite gevolg is.

Lucas Rinken
Die eerste berig is op 1 April 2007 geplaas.  In daardie stadium was blogs so te sê 'n nuutjie. Vandag is dit 'n alledaagse verskynsel op die internet.  Groot of klein instellings maak van dié gerief gebruik om hul boodskappe wêreldwyd te versprei. Dis teen dié  agtergrond dat ek hoop dat die tak die blog sal voortsit, waarskynlik in 'n ander gedaante.  Dis tyd vir 'n nuweling met nuwe idees en meer energie.

Ek kan nie nalaat nie om my dank aan Lucas Rinken oor te dra vir sy ondersteuning deurgaans.  Altyd behulpsaam, altyd hoflik. Sy reeks Interessanthede uit die e-SAGI het in die begindae stukrag aan die blog gegee.  Ook op persoonlike vlak het hy betekenis aan my lewe gegee.

Dankie ook aan die takbesture die afgelope jare om my met die blog te vertrou.  Ek het daarby gebaat.

Betreffende die voortsetting van hierdie joernaal asook die gebruikmaking van blogs deur soortgelyke instansies noem ek die volgende:
  • Dit is 'n uiters doeltreffende kommunikasiemiddel en boonop gratis;
  • Dit is des te meer in die genealogie bruikbaar, omdat die meeste beoefenaars daarvan toegang tot die internet het;
  • Dit is maklik om te gebruik.  Geen tegniese kennis is nodig nie.  Net die vermoë om te lees;
  • Die sukses van 'n blog lê in spanwerk.  Om dit aan een of twee persone oor te laat, is demotiverend.
  • Waak teen tierlantyntjies;
  • As jy nie weet hoe nie, vra iemand wat weet of Google dit.  Laasgenoemde is 'n uitstekende  hulpmiddel.

21 February 2013

Nuwe Takkomitee

With great pleasure I announce the new 2013 branch committee for West Gauteng after our AGM as follows:

  • Membership Secretary: Richard Wolfaardt
  • Cemetary Project Co-ordinator: Giel Nel
  • Kriek Fourie: Product Sales
  • Librarian: Graham Southey
  • Newsletter Editor: Neels Coertse
  • Treasurer: Lucas Rinken
  • Secretary: Petro Meyer
  • Vice Chairman: Colin Steyn
  • Chairman: Bob Saunders

We still need to fill two posts, namely Events and Blog Co-ordinators but watch this space.

Neem asb kennis dat ons vaarwel sê aan Gerard Marloth, Penny Evans en Lynette Swanepoel uit die vorige komitee.
Kind regards, Bob Saunders,Roodepoort, 084 556 2793

Wesrand Courant/West Rand Journal (3)


10 February 2013

Newsletter January 2013

The latest newsletter of the branch is published below. Please be patient while it is loading. Use the icons below the report. "View in fullscreen" produces best results.