JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.

Besoekers met ‘n belangstelling in genealogie is welkom om vergaderings by te woon. Geen toegangsgeld word gehef nie. Na afloop van elke vergadering leer lede mekaar beter ken en ruil kennis uit terwyl koffie/tee geniet word met smaaklike eetgoed teen R5 per persoon.

Tydens elke vergadering word ook ‘n kort praatjie oor ‘n aspek van genealogiese navorsing of verwante onderwerpe gehou onder die opskrif : “Genealogie vir Dummies” – hierna kortweg genoem: “Dummies”.

We speak both English and Afrikaans.

19 Januarie 2013

Dummies: Bob Saunders, huidige voorsitter, sal ‘n oorsig lewer oor die bestuur van GGSA, wie op die Nasionale Uitvoerende Komitee dien asook die samestelling van die tak se komitee ens. Lede kan nominasies indien vir die verkiesing van die volgende jaar se bestuur.

Spreker: Carolina Geldenhuis van Roodepoort Museum.

Sy sal praat oor die praktiese en bekostigbare bewaring van dokumente. Wenke sal gegee word oor die beste bewaring van foto’s en berging van dokumente - ook d.m.v die elektroniese medium. ‘n Klein hoeveelheid “veilige” penne sal ook te koop aangebied word – bring dus ‘n geldjie saam.

2 Februarie 2013

Jaarlikse Museum- en Genealogiedag by die Roodepoort-museum in die voorportaal van die Promusica Teater.

Die Wes-Gautengtak, onder die leiding van Lucas Rinken, beman ‘n stalletjie om die publiek praktiese voorbeelde te gee oor die opspoor van voorsate d.m.v. van Legacy en e-Sagi.

‘n Aantal ander uitstallers sal ook daar wees en ‘n paar sprekers sal interessante praatjies lewer – verdere inligting sal nader aan die tyd bekend gemaak word.

Besonderhede sal later op  hierdie blog bekend gemaak word.


16 Februarie 2013

Dummies: Gerard Marloth sal verduidelik hoe om inligting d.m.v. ‘n Gedcom gereed te maak vir insluiting in e-Sagi met spesiale verwysing ook na die gebruik van Gedclean om moontlike duplisering en foute uit te skakel.

Die Algemene Jaarvergadering van die Gautengtak vind plaas asook die verkiesing van nuwe komiteelede vir die tak vir die volgende jaar. Lede word aangemoedig om hulself verkiesbaar te stel.

15 Maart 2013

‘n Buitengewone Maanlig-museumtoer sal by die Roodepoortse museum aangebied word. ‘n Kort praatjie sal gehou word oor die ontdekking van goud aan die Witwatersrand. Kaartjies sal verkoop word wat ‘n ligte ete insluit. Besprekings is noodsaaklik en moet asseblief voor 10 Maart gemaak word by Lynette Swanepoel.


16 Maart 2013

Die Algemene Jaarvergadering van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika word deur die Wes-Gautengtak gehuisves en sal plaasvind in Krugersdorp. Enige lid van die takke is welkom om hierdie vergadering as ‘n waarnemer by te woon .

Let wel : Geen gewone takvergadering sal op hierdie dag plaasvind nie.


Om 19:00 sal die Gala-dinee in Krugersdorp plaasvind. Tydens hierdie glansgeleentheid word gewoonlik ‘n toekennig gedoen aan “Die Genealoog van die Jaar” en ‘n aantal sertifikate word oorhandig aan lede vir uitmuntende diens gelewer aan die Genootskap. Die dinee kan bygewoon word deur enige lid (en metgesel) van die Genootskap. Kaartjies sal beskikbaar wees by Lynette Swanepoel van 10 Februarie 2013 af.

20 April 2013

Dummies: Lynette Swanepoel sal verduidelik hoe om die Suid-Afrikaanse Geslagregisters se inligting te lees en verstaan.

Spreker: Biebie van der Merwe sal oor die Franse Hugenote gesels.


18 Mei 2013

Dummies: Gwyneth Thomas sal verduidelik hoe om behoorlike voorbereiding te doen ten einde die meeste nut te kry uit ‘n besoek aan die Church of Jesus Christ of Latter Day Saints (LDS) in Johannesburg.

Spreker: Neels Coertse sal ‘n “Practical Case Study Workshop” aanbied. Temas sal o.a. insluit:

  • Hoe om Google en soekenjins te gebruik
  • Geen boedel : waar kry jy sterfkennisgewing
  • Hoe om dokumente van eGGSA te bestel
  • Betekenis van genealogiese simbole, afkortings ens.
  • Hoe om aannemings in jou stamboom aan te dui.
15 Junie 2013

A visit to the Family History Research Centre at the LDS Church in Johannesburg.

20 July 2013

Dummies: Neels Coertse sal praat oor die belangrikheid om erkenning aan bronne te gee van die begin van navorsing af en verskillende metodes wat gebruik kan word.

Speaker: Natalie da Silva of the Johannesburg branch will talk about “New Records on Familysearch.org”.

17 Augustus 2013

Dummies: Lucas Rinken sal v naamgee-gebruike deur die voorsate verduidelik en sal ook voorbeelde gee van interessante name in e-Sagi.

Spreker: Isabel Groesbeek sal gesels oor navorsingsbronne in Pretoria.


21 September 2013

Dummies: Kriek Fourie sal Genealogiese numeringstelsels verduidelik.

Spreker: Johan Barkhuizen sal oor die gebruik van Multimedia (klank-/video-grepe) in familiegeskiedenis praat sodat nasate meer as net ‘n lys name van die voorsate kry maar ‘n interessante storie met klank en beeld.

19 October 2013

Dummies: Giel Nel will highlight the Cemetery project and give tips and treasures on how to take photos at a graveyard.

Speaker: Graham Southey will give a talk on the 1820 Settlers.

16 November 2013

Branch year end function – details will be communicated nearer to the event.