JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

e-SAGI

WAT IS e-SAGI?

e-SAGI staan vir “Elektroniese Suid-Afrikaanse Genealogiese Indeks”.

Dit is 'n projek van die Wes-Gautengtak van die SA Genealogiese Genootskap. Lucas Rinken is die man wat die projek begin het. Hy het letterlik duisende ure reeds hieraan bestee en werk nog elke dag hieraan.

Dit bevat genealogiese besonderhede van meer as 600 500 mense, maar dit het ook koppelings na hulle voorouers en families. Teen hierdie prys is hierdie inligting vir 'n genealoog 'n winskoop duisend en 'n hulpmiddel soos min.

Die opbrengs uit verkope gaan na die tak.

DIE PRYS

R150 plus R10 posgeld (in Suid-Afrika) = R160.
Persone wie 'n vorige weergawe gekoop het, betaal slegs R120 plus R10 posgeld (in Suid-Afrika) = R130.

SLEGS OP DVD

Dis slegs op ‘n DVD verkrygbaar, omdat die databasis so groot is. Dit kan nie in twee of meer CD’s “opgebreek” word nie.

GOEIE RAAD

Vir diegene wat nie ‘n DVD-speler in hul rekenaar het nie, het Dennis Pretorius die volgende raad:
  1. Koop die DVD;
  2. Vra iemand wat ‘n DVD-speler op sy rekenaar het om dat na ‘n geheue-stokkie (memory stick) te kopieer;
  3. Kopieer die databasis van die geheue-stokkie na jou hardeskyf.
Geheue-stokkies is by enige rekenaarwinkel verkrygbaar. Die pryse sal uiteraard wissel. Dit sal in die omgewing van R120 vir 'n 2 GB- of R180 vir 4 GB-stokkie wees. Eersgenoemde is meer as genoeg. Andersins leen een by 'n vriend.

BESTEL SÓ

Bestellings kan by Dennis geplaas word. Sy epos-adres is krugersdorp@pixie.co.za. KLIK HIER en stuur nóú 'n epos aan Dennis.

AGTERGROND

Die doel van die indeks is om aan navorsers 'n betroubare databasis te voorsien wat deurgaans opgedateer word. Data word van 'n menigte bronne ingesamel en by bestaande data gevoeg.

Geen aanspraak op volledigheid

Lucas maak nie daarop aanspraak dat die data volledig en korrek is nie. Dit is nietemin 'n uitstekende bron vir diegene wat op soek is na vertrekpunte om familie te vind.

Byna daaglikse groei

Die databasis bevat tans meer as 150 000 families se besonderhede en sluit meer as 30 000 vanne in. Dit groei byna daagliks.

Uitdagings

Sommige vanne is egter gedupliseer as gevolg van verskillende spellings. As voorbeeld noem Lucas dat daar De Wet en de Wet is. Vir die rekenaar is dit twee verskillende spellings. Een van sy take was juis om al die data wat hy van oral kry, te standaardiseer. 'n Ander groot uitdaging is om duplikate deur te werk en uit te skakel. Hoewel dié taak voltooi is, kan duplikate nog voorkom, omdat nuwe inligting gereeld in groot eenhede ontvang en bygewerk word.

Koppelings en ontdekkings

Een van die groot voordele van eSAGI is dat die data op 'n moderne rekenaarprogram (Legacy) geplaas is. Dit bring mee dat familieverbintenisse tussen mense met verskillende vanne geïdentifiseer word. Anders gestel: met die koppelings wat Lucas tussen families (met die rekenaar) maak, "ontdek" die rekenaar nog meer koppelings waarvan 'n mens andersins moontlik nooit van sou geweet het nie.

Vergelyk dit met boeke wat stamregisters weergee. Boeke bevat hoofsaaklik die name en data van mense met 'n spesifieke familienaam (van) asook die persone met wie hulle getroud was. Soms word die ouers van laasgenoemde (m.a.w die skoonouers), genoem. Daar hou dit op.

Met e-SAGI word al die ooreenstemmende name van baie verskillende stamregisters gekoppel.
  1. 'n Persoon se stamregister word dus aan die stamregisters van sy skoonouers gekoppel.
  2. Vir dieselfde persoon se kinders beteken dit dat hul stamregister aan hul oupas en oumas aan hul ma se kant gekoppel word.

Sodoende kan 'n mens 'n baie meer uitgebreide familie ontdek -- en sodoende daardie voorouer of ander familie vind waarna al so lank gesoek word.

Helpers en ondersteuning

Menige genealoog het met inligting wat hierdeur bekom is, hul voorsate en waardevolle inligting Met inligting wat hy van oral in die wêreld kry, het Lucas in die afgelope jaar veral die databasis vinnig laat groei. Hy het dit reggekry met ‘n aantal helpers wat hom getrou bygestaan het.

“Ek was dikwels naby aan tou opgooi. Dis soms sieldodende werk om alles deur te werk, te besluit wat behou moet word en waarvan vergeet kan word en dan weer die volgende klomp te pak.

“Hulp en ondersteunende e-posse het my die moed gegee om deur te druk ek uiteindelik vorentoe te kan kyk. e-SAGI is voorwaar 'n hulpmiddel wat vir die ernstige genealoog onontbeerlik is.

Legacy

Die databasis word met die genealogiese program LEGACY gelees. Die standaard-weergawe van dié program kan HIER afgelaai word. Dié program is ook by e-SAGI ingesluit.