JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

22 March 2011

Genootskap-toekennings, 2011

Die Genootskap se Nasionale Uitvoerende komitee het op 12 Maart, 2011by sy algemene jaarvergadering verskeie toekennings aan sy lede gedoen. Die lys is:

GENOOT/FELLOW
Dr Shelagh O’Brien Spencer

ERE-LIDMAATSKAP
Isabel Groesbeek

GENEALOOG VAN DIE JAAR
Jaleen en Diwwie de Beer

UITNEMENDHEID
• Joan Augustyn
• Lucas Rinken
• Helena Garner
• Uitstalspan (Wes-Kaap) olv Mariana Olivier, Alta Griffiths, Eugene du Toit, Lorraine Fautley, Engela v Dyk, Simoné Kay & Anita Slabbert
• MA Venter
• Alta Griffiths; Simoné Kay, Andre v Wyk, Annemie Lourens, Dr Dawid de Klerk, Dirk v Rooyen, Johann Claassen, Nicky Lategan, Sasa Malan; William Warrington

MERIETE
• Hercules Jurgens Engela
• Alta Griffiths
• Ds FA Smith

EKSTRA-MYLTOEKENNINGS
Richard Ball, John Schwartz; Peter Moss Beverley Moss Moss jr en Petro Coreejes¬ Brink; Sarel Burger; Capensis redaksionele span o.l.v. Sasa Malan; Gerhard Geldenhuis & Max White; Ben Cilliers; Gert Claassen; Gideon de Kock; Willieta de Swardt; Peter Dixon; Simon du Plooy; Engela vd Linde; Martie du Toit & JC Malan; Richard Ford, Anne Lemkuhl, Keith Meintjes, Elmarie Weyers; Marie Greyvenstein; Margaret Gundry; Johann Hanekom; Ellen Harmse; Elma Human, Ilze Krapohl, Thys & Engela Blom, Tobie vd Spuy;Helene Retief Lombard; Johan Loubser; Ockert Malan; Dennis Pretorius; Petrus Retief; Barnard Smit; Pauline Swanepoel; Simon Wessels.

18 March 2011

Verslag oor die Genootskap se nasionale algemene jaarvergadering, 2011

Die Genootskap se nasionale uitvoerende komitee het op Saterdag, 12 Maart 2011, 'n suksesvolle algemene jaarvergadering in Vereeniging gehou.  Die algemene indruk was dat die "GGSA-kook".

Daar is gepraat oor 'n nuwe grondwet, nuwe webwerf, nuwe familieregisters, nuwe CD-ettikette, nuwe gen-handleiding nuwe toevoegings tot die begraafplaasprojek en wat nog. 
Die plek waar die vergadering gehou is, was uitstekend, die kos keurig en alles fyn georganiseerd.

In sy jaarverslag het die President, Hendrik Louw,  die volgende aangeroer:

• Die GGSA-handelsmerk moet uitgebou word;
• GGSA-produkte is 'n belangrik bron van inkomste vir GGSA en help om die ledegeld binne perke te hou. Lede word aangemoedig om hulle genealogiese navorsing vir die GGSA beskikbaar te stel.
• Die kwessie van internasionale-affiliasie is op die tafel geplaas. Inligting sal ingewin word en by die volgende NUK-vergadering bespreek word. Die vraag is gevra of GGSA die organisatoriese infrastruktuur het daarvoor.
• 'n Uitgebreide databasis wat die landswye inligting van lede sal bevat word in vooruitsig gestel.
• Die kwessie van takke wat finansiële hulp nodig het, kan hanteer word deur 'n motivering aan die NUK te rig. 'n Uitnodiging word gerig aan takke wat spesiale bemarkingsprojekte aanpak om aansoek te doen vir finansiële steun.

Finansies

Die tessourier, André Heydenrich, het in sy verslag aangedui dat verlede jaar 'n mooi surplus getoon het. Takke kan gerus met kreatiewe bemarkingspogings vorendag. Die surplus is grootliks danksy die verkope van produkte. Ledegeld word met R10 verhoog. Daar is ou Familia’s by André wat takke kan kry om teen 'n afslagprys te verkoop.

‘n Produktelys is beskikbaar by André. Kerkregisters mag nie verkoop word nie en word weggegee saam met van die ander produkte wat te koop aangebied word.

Sestig persent van die takke (7 uit die 11) plus minstens drie lede van die NUK vorm 'n kworum vir 'n AJV-vergadering. Takke wat dit nie kan bywoon nie, kan 'n volmag stuur waardeur hulle wel as teenwoordig aangeteken sal word.

Vise-President, Petro Corejees-Brink

Sy het die afgelope jaar twee referate by buite-instansies gelewer waar die GGSA se werksaamhede op akademiese vlak onder die aandag gebring is. Wat betref die begraafplaasprojek, skryf sy in haar verslag: “Buite ons eie genealogiese kringe weet min mense van die Google Earth projek”. 'n Bewusmakingsaksies sal begin moet word.

GGSA-projekte: Dennis Pretorius

• Gedurende 2009/10 is die Braamfontein begraafplaas, voltooi,
• Die projek om 'n nasionale indeks van die onderskeie meesterskantoor se indekse saam te stel, het nog nie gerealiseer nie, omdat die nodige samewerking van die takke se kant af ontbreek.
• Ontsluiting van die 1984- kieserslys. Tikwerk is steeds aan die gang en vrywilligers word versoek om na vore te kom. Dis ‘n geweldig taak. Takke word versoek om in te koop en 'n letter van die alfabet te “aan te neem”.

Webblad: Dirk Bloem

Die ou webblad word verwyder, omdat dit ou inligting bevat. Die skakel sal egter outomaties oorskakel na die webwerf van EGGSA.

Die nuwe een sou reeds aktief gewees het, as die takke hul inligting aan Dirk gestuur het. Takke wat binne die volgende drie maande nie hulle inligting aan hom stuur nie sal nie op GGSA se webwerf gereflekteer word nie.

Die begrafnisbriewe van SAGen sal op GGSA se webwerf opgeneem word. GGSA-lede word versoek om begrafnisbriewe in te skandeer en aan Dirk te stuur. Die Noorwes-tak sal hulle s'n afsonderlik bemark.

Familia: Richard Ford

Sowat 3 000 Familia’s is dié jaar uitgestuur waarvan die meeste harde kopië is. Die totale koste vir druk en verspreiding was R75 000. Die redakteurskomitee bestaande uit Anne Lemkuhl, Keith Meintjies en Elmarie Weyers word in die verslag spesiaal bedank.

Skakeling En Bemarking: Rentia Landman

Radiopraatjies gelewer
Aanmoediging van die skakelpersone van die onderskeietakke
Hemde met GGSA logo en nuwe GGSA-plakkate in proses

Takverslae

Die takverslae is met dank aanvaar. Hulle spreek van goeie ondersteuning vir hulle lede en besondere inisiatief met bemarking.

Mosie: Noord-Transvaal

Dit handel oor Ancestry24 wat die boeke in die tak se biblioteek wil digitaliseer en die tak vra wat moet hulle doen. Die AJV besluit dat dit nie gedoen mag word nie, maar dat die President met Ancestry 24 in gesprek tree oor die moontlikheid van 'n kontraktuele verbintenis tot voordeel van GGSA-lede.

Bestuursverkiesing

President - Hendrik Louw
Vise-president - Petro Corjees-Brink
Nasionale Sekretaris - Leoni Barnard
Nasionale Tesourier – André Heydenrych
Addisionele lid - Dirk Bloem (GGSA-webtuiste en tegnologie)
Gekoöpteerde lede:
Familia - Richard Ford
Omnibus – Judie Meyer (Johan Pottas was nie weer beskikbaar nie)
Skakeling & Bemarking - Rentia Landman
Projekte - Dennis Pretorius
  • Die volgende AJV is op 16/17 Maart 2012 in Uniondale met die tema: Go Country.

17 March 2011

Newsletter: March 2011

The latest newsletter of the branch is published below. 
Please be patient while it is loading. 
Click on "Wes-Gauteng-nuusbrief 2011-03" below to enlarge.
Wes-Gauteng-nuusbrief 2011-03

07 March 2011

Verby 600 000!

Lucas Rinken
Verby 600 000, op pad na 700 000.

Dit is wat aan die gebeur is met Lucas Rinken se e-SAGI, seker die mees omvattende genealogiese databasis in Suid-Afrika.

Lucas wat ook voorsitter van die Wes-Gautengtak is, het bekendgemaak dat hy onlangs  bogenoemde syfer bereik het.  En nog is het einde niet.  Hy werk nog elke dag met dieselfde ywer om die data wat hy van oral ontvang, met sy data saam te smelt.  Dis nie 'n eenvoudige proses nie.  Hy moet seker maak dat die inligting wat hy van 'n familie ontvang, inskakel by sy bestaande inligting om sodoende koppelings tussen families te maak. Juis dit is die groot waarde van e-SAGI.  Dis nie bloot net name en datums nie.

Lucas help iemand se familie vind.
Te midde van Lucas se harde werk (eerder slim werk) het hy altyd 'n dankie aan almal wat hom van data voorsien.  "Ek sou dit nooit alleen kon nie," sê hy telkens as hy 'n nuwe mylpaal bereik.

Lucas is gereeld by genealogiese uitstallings in Gauteng en omliggende gebiede. Dan word hy oorval met navrae -- meestal met goeie gevolg.

Klik HIER vir meer inligting oor e-SAGI en hoe om dit te bestel.

04 March 2011

The world's biggest family: The man with 39 wives, 94 children and 33 grandchildren

Ziona Chana lives with all of them in a 100-room mansion;
His wives take it in turns to share his bed;
It takes 30 whole chickens just to make dinner.

Click on any picture to enlarge it.

 
    He is head of the world's biggest family - and says he is 'blessed' to have his 39 wives.

    Ziona Chana also has 94 children, 14-daughters-in-law and 33 grandchildren.

    They live in a 100-room, four storey house set amidst the hills of Baktwang village in the Indian state of Mizoram, where the wives sleep in giant communal dormitories.


    With 100 rooms the Ziona mansion is the biggest concrete structure in the hilly village of Baktawng You treat this place like a hotel. With 100 rooms the Ziona mansion is the biggest concrete structure in the hilly village of Baktwang.  Mr Chana said: 'Today I feel like God's special child. He's given me so many people to look after.

    'I consider myself a lucky man to be the husband of 39 women and head of the world's largest family.'

    The family is organised with almost military discipline, with the oldest wife Zathiangi organising her fellow partners to perform household chores such as cleaning, washing and preparing meals. One evening meal can see them pluck 30 chickens, peel 132 pounds of potatoes and boil up to 220 pounds of rice.


    Coincidentally, Mr Chana is also head of a sect that allows members to take as many wives as he wants.


    The senior ladies of the Chana family
    He even married ten women in one year, when he was at his most prolific, and enjoys his own double bed while his wives have to make do with communal dormitories.

    He keeps the youngest women near to his bedroom with the older members of the family sleeping further away - and there is a rotation system for who visits Mr Chana's bedroom.

    Rinkmini, one of Mr Chana's wives who is 35 years old, said: 'We stay around him as he is the most important person in the house. He is the most handsome person in the village. She says Mr Chana noticed her on a morning walk in the village 18 years ago and wrote her a letter asking for her hand in marriage.

    And Mr Chana, whose religious sect has 400 members, says he has not stopped looking for new wives. 'To expand my sect, I am willing to go even to the U.S. to marry,' he said.

    One of his sons insisted that Mr Chana, whose grandfather also had many wives, marries the poor women from the village so he can look after them.

    01 March 2011

    Jaarprogram, 2011



    DATUMTYDPLEKONDERWERP/GELEENTHEID
    2 – 6 Maart10.00 – 18.00Hobby-X in die Dome, RandburgOns hanteer 'n stalletjie namens die GGSA.
    19 Maart14:00Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin Ds. Kobus van Tonder: "Die Dorslandtrek"
    16 April:14:00Ned. Geref. Kerk OntdekkerskruinDirk Bloem: "Die Nuwe Webwerf van die GGSA".
    14 Mei:09.00 - 14.30LDS-kerk, ParktownEie navorsing onder leiding van gesoute navorsingslede.
    18 Junie:14:00Ned. Geref. Kerk OntdekkerskruinRichard Ford: "Die Nuwe Hersiene Grondwet van die GGSA" en hoe dit ons raak.
    16 Julie: 14:00Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin Marius Smit: 'n Drukker vertel hoe om jou publikasie mooi te maak en wat die pryse is.
    20 Augustus:14:00Ned. Geref. Kerk OntdekkerskruinBesonderhede sal mettertyd bekend gemaak word.
    3 September:Van 09.00PretoriaOns beman 'n stalletjie by die Genealogie- en Familie-erfenisfees gereëk deur Isabel Groesbeek.
    17 September:Van 09.00 Panorama-begraafplaasGiel Nel en taklede: optekening van die grafte
    15 Oktober: 14:00Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin Ons wag voorstelle in van lede vir hierdie byeenkoms.
    19 November:14:00Ned. Geref. Kerk OntdekkerskruinAfsluitingsgeleentheid.