JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

22 May 2010

Maandbyeenkoms: Junie 2010

Ons volgende maandbyeenkoms is op 19 Junie 2010. Dit begin om 14:00.

Dit sal ‘n werkwinkel oor begraafplaasopnames wees. Aspekte wat ons sal behandel,sluit in die belangrikheid van sulke opnames. Heelwat mense besef  nie die noodsaaklikheid daarvan nie. Ons sal wys wat die waarde daarvan vir die genealoog is.

Verder sal ons die proses van optekening deurwerk: watter vorms nodig is vir die werk; watter "gereedskap" 'n mens daarheen moet saamneem; hoe die werk gedoen moet word; hoe die data verwerk moet word; wat met die data gedoen moet word; hoe die data aangewend word.
      Lucas Rinken sal ‘n Powerpoint-aanbieding doen uit foto's van Gerard Marloth en John Stephens waarmee die huidige situasie aangedui sal word.

      Klik hier vir inligting oor die vergaderplek en 'n straatkaart.

      Dit sal ‘n baie nuttige en leersame werkswinkel wees.-- John Stephens.