JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

25 May 2010

Hoe sê 'n mens Labuschagne?

Op Labuschagne-pos het daar onlangs ‘n geselsie plaasgevind oor die uitspraak van van dié familienaam.

Prof Casper Labuschagne, Haren, Nederland het daarmee begin toe hy navraag daaroor gedoen het oor die Engelse uitspraak met die oog op ‘n publikasie wat hy en Herman Labuschagne beplan vir die Labuscaigne-jubileefees in die Paarl op 14 Mei 2011.

Die volgende is onder meer geskryf:

Lappies Labuschagne: laboo-scha-nie. They (the English) cannot do the Afrikaans gutteral G sound. We pronounce it laboo-skag (ggggg sound) nie.

Andrié Labuschagne [nee Brill]: Here in Canada they pronounce it: laboo-shane.

Casper Labuschagne: Thank you for telling me what the pronunciation in Canada is. It is exactly what I expected! This is also what I heard in England, where I always introduce myself as Labooshane.

Margaret Cantrell ( Martin): My grandmother is a Labuschagne and she pronounced it Labusky as the word “sky”. Her brother pronounced it Labushane. They were both English-speaking. They were both living in South Africa.

Reina: Many years ago in the small towns they said Lawwerskaiing, but I think the right way is Labeschagne. The sch is said as sk, the g is the very clear gurgling sound gg and the ne as nie.

Casper Labuschagne: I have published a story on my website about our French ancestors, in which I discuss the matter of the spelling and pronunciation of our surname. Here is the link:

Izak Labuschagne:
In Durban: La Boo Shane;
In Bloemfontein: La ber skag nie;
In Northern Cape: L ber skaag;
In the Army 1979: La Bush kenei;
In the bedroom: Lub and squeeze me;
In the Cape Labe skein;
In Soweto: Die baas wat kan nie lag nie;
In SACP: La boer slain.

Casper Labuschagne: Ek wonder of daar 'n ander naam in SA is wat so verknoei word as ons mooi Franse naam. Dit sal nie sommer met Cronjé, De Villiers of Le Roux gebeur nie.

Martin Labuschagne: Ek stem saam dat ons naam verwring word deur die meeste Suid-Afrikaners. Miskien moet ons almal ‘n punt maak en versoek dat ons van van nou af uitge spreek word volgens die korrekte Franse uitspraak.

Casper Labuschagne: Martin, dit is 'n lofwaardige voorneme, maar ek vrees dat dit 300 jaar sal duur voordat die Franse uitspraak sal seëvier. Maar dit is nooit te laat om 'n veldtog te begin nie. Maar ons moet daar beslis nie 'n strydpunt of twisappel van maak nie. Liewer stille diplomasie toepas. Elkeen in sy eie kring. Dit is nie 'n kwessie van aanstellery nie, maar 'n uiting van trou aan ons Franse wortels.Ek is afkomstig uit die Vrystaat waar ons in ons familie die Franse uitspraak behou het. Toe ek in die jare 1947-'52 in Pretoria studeer het, het ek my medestudente en die proffe maklik kon oortuig hoe ek my naam uitspreek en uitgespreek wil hê. En hulle het dit gerespekteer. Sedert ek in Nederland woon, kon ek ons familietradisie baie maklik voortsit, omdat niemand hier erflik belas is met die Suid-Afrikaanse Labbeskagnie-uitspraak nie. My ervaring deur die jare heen was dat mense dit 'n mooi naam vind. Hoe dikwels het ek nie by 'n eerste kennismaking gehoor nie: "Wat hebt u een prachtige naam, meneer!" of  "Wat een mooie naam!"

Maryna: Die Amerikaners het `n groot probleem. Vir hulle is ons laaa-boes--kek-nieee. Ons het nie eers geweet dat dit ons naam was wat hulle uitgeroep het nie.

Les Labuschagne: As ‘n Engelsprekende Labuskagne het ek ongeveer 18 jaar in die buiteland diens gedoen as SA diplomat in verskeie plekke. Daar het ek Labooshaine gebruik (“like champaigne”) Eerstens was dit makliker vir buitelanders (wat nie of Hollands, Arabiers, Joods of Skotte was. Hierdie klomp kan die “g” soos die boere uitspreek!). Buitelanders wat Frans magtig was het Labooshaine normal gevind. Toe ek onlangs in Frankryk was, het ek verskeie mense getoets en die uitspraak was Labooshanje. Persoonlik wens ek ons kan nou besluit, my keuse sou wees “labushanje” of selfs “labooskanje”.

Coenraad Labuschagne: Oorlede Professor Benedictus Kok (Afrikaans/Nederlands aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat in die sestiger jare en later Rektor) het my in sy klas tereg gewys toe ek hom aanvat oor die uitspraak van my van. Voor die hele klas het hy my gevra om "Champagne" in Afrikaans uit te spreek. Ek het hom geantwoord met "Sham pan je" en sy antwoord was: "PRESIES, nou waarom wil jy "La bu skag nie" wees? Ek kon nie verder redeneer nie! Hy was onversetlik in sy opinie dat die fonetiese korekte uitspraak "La bus kan je" is.