JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

11 February 2010

Nog twee hartseer-verhale

Na aanleiding van die Sandra Laing-storie wat onlangs in die nuus was, het Isebelle Krauss soos volg op SAGen gereageer:


1. Gemengde bloed
    Een aspek van die gemengde bloed in Afrikaner-are (dit sluit almal in wat Setlaarbloed het), is dat daar  ondertrouery met die Koi, Maleiers, Indiese mense en selfs mense van Angola plaasgevind het  Daar was min vroue en baie mans.  Buite-egtelike verwantskappe was veelvuldig.

    Selfs Britse bloed is nie suiwer nie. En ek praat van middelklas-Britte.  Waar dink u het die slawe in Europa heen verdwyn nadat slawerny onwettig verklaar is?

    Ek het ‘n artikel in die "Family Tree Magazine” gelees waarin vertel word van ‘n dame haar wat dogter tandarts toe geneem het.  Sy is gevra of DNA van haar vir ‘n projek geneem kan word.  Toe sy weer terugkom het, het die tandarts vir haar die uitlsag gegee:  sy het "Delta Niger origins".

    Voortspruitend uit hierdie bevindings, het ‘n neef van my, ‘n professor Cambridge Universiteit, deel van ‘n projek geword waartydens duisende Britte getoets is.  Hiedie projek is tans aan die gang in Europa.  Ek glo dat National Geographic hierby betrokke is.

    Ek weet van twee ander hartseer-gevalle.

    2. Die Pretorius-kinders
      Saam met my op laerskool was daar Pretorius-kinders.  Die ma was effe donker, maar met ligte hare.  Een van haar kinders het pikswart kroeshare, ‘n gelerige vel en groen oë gehad.

      Dit het ‘n nare ondervinding tot gevolg gehad.  Die hoof (‘n vooraanstaande man in die Afrikaner-gemeenskap), het die ouers gevra om die kinders uit die skool te neem. My ma en my suster het destyds daar skoolgehou.  Ek kan nog die hartseer onthou.  Hulle het toe weggetrek Johannesburg toe of soos ons dit genoem het die "Rand".  Blykbaar is hulle daar iewers onvoorwaardelik aanvaar, aangesien daar ook heelwat ander  met donkerder velle was.

      Later het ek die oudste dogter weer ontmoet.  Sy was ‘n suster by ‘n Sandtonse kliniek.  Sy het die storie weer oorvertel.

      Daar was geen ander kinders aan albei kante in hul familie wat soortgelyke probleme gehad het nie.  Gevolglik het hulle self begin familiegeskiedenisnavorsing doen.  Só  het hulle onder andere op Hans Heese se boek Groep Sonder Grense uitgekom, destyds verban. Daarin het hulle die gekleurde oorsprong van die Niemand/ Nieman/Neumann-familie gevind -- ondertrou met vele ander vanne.
      Baie Afrikaanssprekendes het ek oor die jare teëgekom met die donker vel en effens ander gelaatstrekke.

      Ek dink die gene van ouds kom maar so elke paar jaar na vore.  DNA sal die enigste weg wys van waar presies ‘n bloedlyn loop.


       3. Dina Maria Naude
        ‘n Paar jaar gelede het ek familiegeskiedenis vir ‘n vriend gedoen.  Hy het sy tante, Dina Maria Naude, se storie vertel.  Sy was met ene Moses Klopper getroud.  Sy het ‘n donker kind gehad.  Sy en die kind is deur haar familie verwerp.  Op die ou einde het ma en kind geen erfenis van haar baie bekende en ryk familie gekry nie.  Dina het later met haar kind in Johannesburg, mynmagnate se vloere geskrop en wasgoed gestryk.

        Moses het Dina geskei op grond daarvan dat sy vrou ‘n verhouding met ‘n swart man gehad het.

        Faan Naude het my gehelp dokumente by NASA afgeneem.  Ons  het oorspronklike dokumente gekry, soos Moses se vele draaitjies en dinge.  Moses het swart voorvaders gehad.  Hy het hom later self  in die Kleurling-gemeenskap in Kimberley gevestig.  Later het hy ‘n kind by ‘n Kleurlingvrou  gehad.  Ek glo nie hy het geweet van sy voorvaders nie. Sy oom was ‘n bekende predikant in die omgewing waar die Dina se mense gewoon het.

        Dina is in 1906 as ‘n armblanke begrawe. Sy het nooit weer kontak met haar familie gehad nie.

        Ek het die nakomelinge van Dina se kind opgespoor.  Hulle vaar goed in die lewe, finansieel en andersins.

        Geredigeer en geplaas met die toestemmng van Isebelle Krauss: Authorised Representative:  Acquisitions, Genealogical Society of Utah/Familysearch.