JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

24 February 2010

Müller-familiebond hou 'n saamtrek

Die Antonie Michael Müller-familiebond (nakomelinge van Antonie Michael Müller) hou ’n saamtrek van 9 tot 11 April 2010 op die plaas Kleinberg, buite Mosselbaai.

Daartydens word die opgedateerde Müller-boek van 1990 bekendgestel.  Georganiseerde toere na verskeie geskiedkundige plekke/plase in die distrikte van Mosselbaai, Riversdal en Herbertsdale sal ook onderneem word.

Die Müller-saamtrek wil by die geleentheid nie net die koms van hul stamvader 275 jaar gelede herdenk nie maar ook nuwe familiebande smee. Navrae kan gerig word aan Koot Müller by 083/378-9550 of stuur 'n epos deur hier te klik.