JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

14 February 2010

Newsletter, February 2010

Neels Coertse (left) recently took over the reigns from Bob Saunders as editor of our newsletter.  Bob requested to stand down due to work pressure.

Neels's first very informative letter follows below.  He indeed had a good example of how to do it after Bob's good work over the last year.

Thanks, Bob, for informing us about branch activities and setting the standard. 

Welcome Neels. We look forward to your initiatives.

Neels inter alia writes about:
  1. Questions and answers at the latest monthly meeting, giving a some important genealogical website links;
  2. The Protection of Personal Information Bill;  
  3. A diary of important dates and
  4. Other branch activities.
    BY NEELS COERTSE, NEWSLETTER EDITOR

    1. JANUARIE 2010 VERGADERING
      Vrae. Vrae. Vrae. Antwoorde. Antwoorde. Antwoorde.

      Dit is wat op Saterdag, 16 Januarie 2010, by die eerste takbyeenkoms van die jaar gebeur het. Dit was ‘n fees van vrae en antwoorde. Ons het ook lekker gelag en daar was ‘n gezoem gedurende teetyd soos teenwoordiges dit onder mekaar bespreek het.

      Dit was heerlik praat.  As jy nie daar was nie, dan het jy manne van genealogiese formaat -- Lucas Rinken, Richard Ford en Dennis Pretorius – misgeloop Hulle was op hulle beste. Vra maar en hulle kan jou antwoord. En as hulle nie weet nie, dan sal hulle so sê, maar hulle sal jou nie daar los nie. Hulle sal jou in ‘n rigting stuur sodat jy self kan gaan oplees en self jou eie ontdekkings maak.

      Ons lede het ritse vrae gevra, soos:

      Vraag: Waar kry 'n mens inligting oor plase wat aan my oupagrootjie behoort het?
      Antwoord: Kry ‘n kaart by www.madmapper.com of www.demarcation.org.za of Google “Oldmaps South Africa”. Kyk ook by die Landmeter-Generaal by http://csg.dla.gov.za/

      Vraag: Wat is die invloed van kultuur op die spelling van name en vanne?
      Antwoord: Dit is dalk deel van ongeletterdheid, of dalk modegiere. Daar kon ‘n horde invloede gewees het wat spelling beïnvloed het. Richard het ons aan die Namakwalanders se manier van praat herinner wat noodwendig neerslag in die spelling gevind het. Dennis het na die verskillende maniere van die Skotte en die Iere gewys, byvoorbeeld: Mc en Mac. By die Iere het dit Mc en by die Skotte Mac geword. Genealogies is daar ook vrae oor die spelling van byvoorbeeld MacDonald. Sommige spel dit Mac Donald, ander MacDonald en ander McDonald. Daar is byvoorbeeld 26 verskillende spellings van Holtzhausen en Lucas is danig daaroor om te vertel dat daar 14 verskillende spellings vir Rinken is.

      Vraag: Waar kry 'n mens inligting oor ou historiese koerante?
      Antwoord:  Probeer die koerante-afdeling van die Johannesburgse Biblioteek. Moenie die Carnegie-afdeling by Germistonse-biblioteek vergeet nie. Ons het ‘n besonderse positiewe aanbeveling oor hierdie Biblioteek ontvang.

      Vraag: Hoe vind 'n mens 'n voorsaat wat nie opgespoor kan word nie?
      Antwoord: Skakel met Family History Society in die betrokke gebied of gaan na die Rootsweb-lys vir daardie gebied. Daar is mense wat naslaantake onderneem teen ‘n ooreengekome tarief.

      ‘n Wetsontwerp, Protection of Personal Information Bill, is op 25 Augustus 2009 gepubliseer wat op die genealogie sal impakteer Daar was vrae hieromtrent. Klik hier vir die volledige wetsontwerp.

      Voorgaande het besliste gevolge vir genealogiese verenigings, maar die aard en omvang van die impak is nog nie duidelik nie. Daar is ernstige gesprekke aan die gang om die koers vorentoe te bepaal.

      Daar was ook heelwat vrae rondom die gebruik van Legacy. Die moontlikheid is genoem dat Lucas ‘n spesiale opleidingskursus sal aanbied vir diegene wat daarin belangstel.

      Dit was ‘n heerlike kuier-byeenkoms. Menige teenwoordigs was aangevuur om hul genealogie nog ernstiger op te neem.

      Gaan ons dit weer doen? Alam hoop so.

      2. MEMBERSHIP FEES DUE

      Please take note that your membership fees for 2010 are due and payable. If you pay in time it ensures that you will receive your FAMILIA on its due date.

      3. TAK-DAGBOEK

      Dagboek die volgende datums waarby ons lede betrek word.

      FEBRUARIE 2010
      • 20 Februarie 2010: Die tak gaan vandeesmaand sy tiende bestaansjaar binne. Dennis Pretorius, 'n voormalige voorsitter is die gasspreker.
      MAART 2010
        • 3 tot 7 Maart 2010: Ons tak het weer ‘n stalletjie by Hobby-X by die Dome in Randburg. Lede word versoek om hul hulp aan te bied met die uitstalling.
        • 20 Maart 2010: Die tak se algemene jaarvergadering. Lede word versoek om name voor te stel om op die bestuurskomitee te dien..
        • 26 en 27 Maart 2010: Die GGSA se nasionale algemene jaarvergadering. Lucas Rinken en John Stephens sal ons gevolgmagtigdes daar wees.
        APRIL 2010
          • 17 April 2010: Ons besoek Noordwes se museumdag in Klerksdorp. ‘n Bussie sal gereël word vir die lede wat daarvan wil gebruik maak. Ons lede mag ook daar hulle navorsing uitstal.
          MEI 2010
            • Mei 2010: Ons tak se lede word aangemoedig om die Erfenisdag by die Voortrekkermonument, Pretoria te besoek. Meer besonderhede sal nader aan die tyd verskaf word.
            JUNIE 2010
              • 19 Junie 2010: Ons tak se lede gaan grafte by begraafplase opskryf. Meer besonderhede sal nader aan die tyd verskaf word.

              4. THANK YOU’s

              LUCAS RINKEN, CHAIRMAN OF OUR BRANCH

              557 000 names! Thank you to Lucas Rinken for the collation and upkeep of our Branch’s e-SAGI database. This is back breaking work. He does it in the quiet hours of the night and the busy hours of the day. Hhe is constantly busy collecting genealogical data for our DVD.

              BOB SAUNDERS, VICE CHAIRMAN OF OUR BRANCH

              Bob Saunders, Vice-Chairman and the former editor of this newsletter deserves special mention. He promised on behalf of his family to donate and to install a computer in our Branch Library for our members’ enjoyment. He made good on his promise and the computer is up and about. Please come around and make use of it.

              JAPIE BOSCH, BLOGKEEPER

              By now you would have received notice that our Branch’s blog have been upgraded by our dear member Japie Bosch. Japie, thank you for your hard work for us to enjoy and to furhter the aims of our Branch and genealogy in general.

              5. UPGRADED BLOG

              By now you may have noticed that our Branch’s blog-site has been upgraded. The new address is www.westgssa.blogspot.com. Please note a slight change in die address. The old address (www.westggsa.blogspot.com) has a link to the new address and vice versa.

              6. LOOKING FOR AN ANCESTOR?

              Please forward me your queries: who are you looking for? Give me details. I will publish it in our Newsletter. Maybe someone will help you scale the brickwall; break through it or walk around it. Or just stand in awe about your brick wall.

              7. OUR LIBRARY

              Please use our Library. I am planning to draft a list of the contents of our Library. If you have research material pertaining to genealogy in its narrow sense and family history in its wider sense that you want to donate, please consider our Library as a worthy recipient.

              8. AREA OF RESEARCH

              What is the area of your research? Or what is your area of interest? It might be specific places, or the compilation of important historical time-lines pertaining to your family in general. I want to know and I want to publish this in our Newsletter. Write to me and tell all about it for inclusion.