JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

21 February 2010

Labuschagne: 155 op poslys en 800 op Facebook

Herman Labuschagne skryf soos volg op die Labuschagne-poslys:

Ons het nou 155 lede. Ons het ook ‘n Facebook-groep met ver oor die 800. Tik ’n soektog in vir Labuschagne family research” – sonder aanhalingstekens, natuurlik.

Nog iets waarmee julle dalk graag sal wil speel: kyk gerus by www.geni.com. Dit is ’n genealogiese aanlyn-program wat met Facebook geïntegreer is. Dit werk besonder eenvoudig. Dit is ’n konsep waaroor ek en ’n paar ander navorsers al 10 jaar gelede begin droom het.

Waar twee persone se stambome kruis, kan die aanknopingspunt verenig (ge-“merge”) word sodat die stamboom een word. Deur jou eie familielede uit te nooi en toegang te gee kan elkeen die stukkie van die stamboom bylas waarvan hy of sy kennis dra.

Op hierdie manier kan ’n hele uitgebreide familie saamwerk aan dieselfde projek. Terselftertyd het ‘n mens beheer oor wie wat dit kan sien en wie daartoe toegang het.

Ongelukkig is die gratis weergawe ‘n bietjie beperk, maar ek reken dit het nogtans nut, veral om ons modern geslagte te dokumenteer. Die ander groot voordeel is die feit dat die eenvoudige grafiese interfase dit moontlik maak vir nuwelinge om baie gou te verstaan hoe daar te werk gegaan moet word om ’n stamboom te bou.

Ek is seker die produk sal aanhou verbeter. Intussen hoop ek dat van julle dit solank sal toets en laat weet wat is julle ervaring. Ek toets dit al ’n tydjie lank en kon nie glo hoe ek deelname ontvang van familielede (veral die ouer geslag) wat ek regtig nie gedink het sou belang stel nie.
  • Die Labuschagne-familieregister kan hier afgelaai word.