JOHN STEPHENS
Op Saterdag, 19 Mei 2012, is die eerste werkswinkel vanjaar om eie navorsingsprobleme in groepsverband te bespreek, gehou. Agt-en-twintig lede het die byeenkoms bygewoon.

Probleme waarmee lede maar steeds worstel is natuurlik die vasloop teen ‘n muur en waar mens dan nie sommer net daar verby kan kom nie. Ook die gebruik van ‘n geskikte rekenaarprogram en die probleme daaraan verbonde, kon bespreek word.

Onder andere was een van die vrae dat ‘n Duitse wesie wat deur mense hier in Suid-Afrika aangeneem is en dus hulle van gekry het, vorentoe weer op die regte spoor van sy biologiese ouers kan kom.
Die interessante middag is afgesluit met heerlike verversings wat deur ons nuwe funksiesekretaris, Lynette Swanepoel, en haar span voorgesit is.