JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

07 May 2012

Spanwerk in die biblioteek

 Hierdie foto's is Penny Evans se oes van die biblioteekdag waarydens twaalf van ons lede weer met die reorganisasie van die biblioteek besig was.

Foto 1
Foto 2
 Foto 1: Graham Southey en Marie van Aswegen se hande besig met die benaming en nommer van boeke.

Foto 2: Louise Dick, Graham en Hennie van Aswegen  besig met die nommer en uitsoek van boeke en pamflette.
   




Foto 3
Foto 3: Giel Nel beskou hier die gebuigde rak wat net nie die gewig van die boeke kon hou nie.Wat moet ons nou maak? sou hy seker vra. 

Foto 4
Foto 4:  John Stepehns en Giel is hier besig om die wielietjies te verstel wat onder die kabinette geplaas is om dit makliker uit te stoot tydens maandvergaderings.

Foto 5


Foto 6
Foto 5:  Christa Roberts, Louise Dick en Petro Meyer is besig met die sortering van honderde pamflette.

Foto 6: Hierdie hand is Lucas Rinken s'n waar hy die boeke se besonderhede op die  rekenaar insleutel.
 
 
Foto 7
Foto 7:  John Stephens, Marie van Aswegen, Iris Stephens, Louise Dick, Giel Nel en Graham Southey is met allerlei dingetjies doenig.

Soos dit gewoonlik met die fotograaf gaan, is Penny Evans nie op enige van hierdie foto's nie, maar het sy  haar kant deeglik gebring. 

Voorsitter Bob Saunders verskyn ook nie op hierdie foto's nie. Hy was daar en het ook sy insette gelewer.

Dit was 'n pragtige spanpoging en 'n groot deel van die werk is afgehandel. Om met so 'n ywerige en entoesiastiese span saam te kon werk is 'n reuse-plesier.

Ons het nog 'n groot stuk werk wat vorentoe voltooi moet word maar dis 'n ander dag se dinge.