JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

04 March 2012

Rootman-boek

Stief Rootman
Eindelik en ten laaste is die boek oor die voor- en nageslag van Oupa Boy Rootman gereed. Dit het honderde ure se navorsing geverg, te veel e-posse om te noem, duisende afgereisde kilometers en ontelbare telefoonoproepe, plaaslik en oorsee, om die werk te voltooi.

Die boek word sonder die toevoeging van enige wins of vergoeding aangebied en sal vanaf einde volgende week versprei word. Die feit dat dit in kleur gedruk is het 'n aansienlike invloed op die koste, maar ek glo dat die kwaliteit dit regverdig. Dit is beskikbaar in twee vorme:

Hardeblad-uitgawe teen R370 plus posgeld en verpakking.
Slapband-uitgawe teen R290 plus posgeld en verpakking.

Posgeld na SA bestemmings beloop R37. Bestemmings oorsee sal vooraf gereël moet word.

Betalings moet by rekeningnr. 56700006963, S.Rootman, FNB, Jeffreysbaai (kode 210-515) inbetaal word. Gebruik u naam as verwysing. Bestellings moet vergesel wees van 'n afskrif van die depositostrokie.

Rootman is 'n voormalige Springbok-hengelaar.