JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

27 March 2012

Beslissende oomblik

Prof Christo Viljoen
Prof Christon Viljoen skryf vandag op  SAGEN.

In enige genealoog se lewe breek die oomblik aan wat hy/sy moet besluit: nou sluit ek my genealogiese register af, redigeer dit en publiseer dit.

Ek het verlede week by dié punt uitgekom nadat ek dit telkens uitgestel het, want mens kry bykans daagliks nuwe inligting om by te voeg. Vir my was dié besluit 'n groot verligting!



Nadat ek my Viljoen genealogie se GEDCOM-lêer uitgevoer het, word dit nou geredigeer en verwerk vir publiseerbare vorm. Na afsluiting kan nuwe name slegs met groot moeite met die hand bygevoeg word en dit beteken in die praktyk dat nuwe name wel op die oorspronklike databasis ingevoer kan word, maar waarskynlik nie in die drukweergawe daarvan sal verskyn nie. 


Elke naam-inskrywing in my verwerkte Viljoen register word voorsien van 'n volgnommer en om erens 'n nuwe naam in te voeg sal beteken dat ál die volgnommers daarná met een geïkrementeer moet word -- 'n onbegonne taak. Dit is jammer vir die laatkommers ... want teleurgesteldes gaan daar beslis wees.

Ek verwag dat dit nog maande van redigering, teksverwerking en foto-invoeging gaan verg voordat die boek drukgereed sal wees -- waarskynlik nie voor die einde van die jaar nie.


Die oorspronklike Viljoen familieregister is in 1978 deur die RGN gepubliseer; dit is 33 jaar gelede wat beteken dat 'n hele nuwe geslag naamgenote sedertdien bygekom het. Met die nuwe uitgawe verwag ek, net soos met die vorige uitgawe dat daar naamgenote gaan wees wat teleurgesteld (en kwaad!) is, omdat hul inligting nié in die boek verskyn nie, eenvoudig omdat hulle nie hul inligting ingestuur het nie, ten spyte van herhaalde versoeke per landpos, e-pos, telefoon-oproepe en persoonlike ontmoetings.


Wou die gebeurtenis met julle deel ... 

 
Prof Viljoen (75) was Dekaan van Ingenieurswese en Rektor (Operasies), Universiteit van Stellenbosch tot 1998.