JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

20 March 2012

Hendrik Louw groet en sê dankie

Hendrik Louw
Hendrik Louw, pas-uitgetrede president van die Genootskap, skryf soos volg op SAGEN.

Die afgelope drie jaar (as president van die Genootskap) was wonderlike en aangename jare en ek glo en het volle vertroue so sal dit voortgaan. Met so 'n puik NUK en NR kan dit ook nie anders nie.

Laat ek net eers begin by die lede wat uittree, maar beslis nie gaan verdwyn nie, daarvoor gaan ons sorg.

1. André Heydenrych wat oor amper 11 jaar 'n ruskansie neem. André, dankie vir al jou ondersteuning vir my drie jaar in die "huis-van-Genealogie" dit was een hengse groot voorreg om met jou saam te werk, jy het my voorwaar op my neus laat kyk, jy sal weet wat ek bedoel. Ek was aangenaam verras en bevoorreg om saam met jou en onder jou wakende oog meet van GGSA en sy finansies te wete te kom.

2. Leoni Barnard wat soos 'n regte PA en ware mede-NUK-lid wondere gedoen het en berge verskuif het. Sy het vele male ook eksta-myle geloop ter-wille-van GGSA en die groter prentjie. Sonder haar sou die drie jaar beslis nie so 'n groot sukses gewees het nie.

3. Dirk Bloem wat ook 'n leeue-aandeel saam met Richard Ball in die webtuiste ontwikkeling het. Dirk, baie dankie en mag jou verdere bydraes by Noordwes jou met vreugde vul.

Dan aan die nuwe NUK-lede. Soos julle almal nou teen die tyd weet gaan Petro Coreejes-Brink by my oorneem as president van GGSA en behou ook die Begraafplaas koördineringsfunksie. Sy het 'n besonderse indruk op my gemaak met die manier waarop sy die vooraf gaande twee jaar as vise-president ingeskakel het en die leiding wat sy geneem het.

Ook die skakeling op die vlak met GISA en lede was vir haar kinderspeleties, dus is sy meer as net bevoeg om in daardie stoel te sit. Ek wens haar 'n heerlike en vreugdevolle jaar toe. Genealogie is ons belangstelling, ons stokperdjie en mag nie soos werk voel nie, ons moet te alle tye mekaar respekteer, saamwerk as een familie en humor skep, dit moet vir almal lekker wees, ons wil saam kuier, saam gesels en saam lag. Baie geluk, jy en die volle GGSA het nog steeds my volle ondersteuning.

Dan Dennis Prestorius, nie net alleen het hy die bussie gereël vir die rit na Uniondale en terug nie, hy was ook die bestuurder, bygesê die enigste bestuurder. Om 14 en meer ure per dag agter die stuur te sit is beslis vermoeiend, maar hy het met God se genade ons veilig soontoe en terug gebring. Verder is die geëerde man ons nuwe vise-president en behou ook die portefuelje-projekte. Sy vermoëns kan niemand misken nie, almal weet dat hy GGSA met oorgawe dien en weet waarvan hy praat. Sy leierseienskappe loop voor hom uit -- wat meer kan ek sê. Baie geluk ook aan jou en dankie vir jou bydraes en ondersteuning oor baie jare.

Ekself sal André se pos van tesourier vul en produk-ontwikkeling, so ek gaan nog steeds lede help om hul navorsing te publiseer. So moenie my sommer weggooi nie.

Renier Feldtmann gaan by Leoni oorneem. Aan hom wens ek ook sterkte en voorspoed toe. Net net ek nie, maar ek weet Leoni sal help waar moontlik indien nodig.

Laastens een persoon wat regtig geen nuwe naam by ons is nie en beslis nie onbekend aan ons is nie, Ferdie van Wyk. Hy het klaar destyds as voorsitter van Noord Transvaaltak gewys dat hy passievol is vir Genealogie en die laaste tyd weer eens net dit onderstreep om GGSA se webtuiste op die voorgrond te plaas. Ferdie was Gekoöpteerde lid, maar is nou 'n volle NUK-lid. Hy beklee die addissionele pos en voltooi die 5 NUK-lede sirkel.

Aan my mede-NUK lede, baie geluk, saam glo ek die wa gaan galop en nie net getrek word nie. Die gekoöpteerde lede is die mense wat GGSA aan die beweeg hou, sonder hulle kan ons nie regtig vorentoe nie, dus aan Richard Ford (Familia), Peter Moss (begraafplaas-DVD) Rentia Landman (bemarking en publisiteit), Judi Meyer (Omnibus, produkte en produkadministrasie).

Ook moet ek eGGSA bedank en die vorige bestuur wat ingestem het dan hulle die AJV sal reël, ook die huidige bestuur en veral Alta Griffiths ... die vrou kan darem organiseer. Alta, baie geluk en een groot dankie. Dit was een aangename AJV wat ons baie geniet het. Aan al ons lede, wat sal GGSA nou wees sonder julle, baie dankie vir ondersteuning, al jul oproepe, e-posse en mooi wense, gebede en geselsies, ek waardeer dit. Mag vandag en die toekoms vir GGSA vreugde skyn.