JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

26 March 2012

Nasionale AJV, 2012: "Go Country"

 Rentia Landman skryf:
GGSA-werkswinkel in George
Altesame 102 mense het Vrydag 16 Maart die uitstekende werkswinkel in George bygewoon wat deur e-GGSA onder leiding van Alta Griffiths georganiseer is. ’n Span formindabele sprekers wat ‘n wye verskeidenheid temas behandel het, het opgetree. Vir voornemende sowel as ervare genealoë was dit ‘n baie leersame dag.
VRYDAGAAND

Vrydagaand arriveer Die Spookbus met sy moeë maar vrolike genealoë uit die noorde, betyds vir die aand se vleisbraai. Die gemoedelike gees loop reeds hoog

SATERDAG: AJV
  
Die uitredende president het weer op sy kenmerkend, waarderende styl die teenwoordiges welkom geheet en alle lede van oor die hele land en in die buiteland wat die afgelope jaar bygedra het om GGSA uit te bou tot ‘n organisasie waarop ons almal trots is, bedank. Die nuweling in ons midde naamlik die 12de tak, Diamantveld, is spesiaal welkom geheet.

GGSA WEBWERF

Die Groot Generaal van GGSA se webwerf, Ferdie van Wyk, vra dat lede die webwerf (adres: www.genza.org.za) gereeld sal besoek, want dit word met nuwe inligting opgegradeer. Hy het Johann Janse van Rensburg wat die webmeester van die vorige GGSA-web was, gesalueer en ook vir Richard Ball waarsonder die nuwe webwerf nie tot stand sou kon kom nie. Tans is die grootste probleem dat takke nie hulle jaarprogramme en ander takinligting aan Ferdie van Wyk stuur vir opname op die web nie.

LEDETAL EN LEDEGELD

·         GGSA -ledetal het vanaf 2010 na 2011 vanaf 987 na 945 lede gedaal, wat minimaal is gesien die moeilike ekonomiese tye waarin ons leef..

·         Ledegeld vir 2013 bly soos dit in 2012 is.

·         ‘n Lid het stemreg by slegs één tak en vir die ekstra fooie wat hy/sy by ‘n ander tak betaal, kry jy die taknuusbrief maar nie stemreg nie.

·         Vanaf 2013 tree die volgende stelsel in werking:
(a)  ‘n Takbestuur sal self kan besluit oor die bedrag ledegeld wat hulle wil hef (GGSA grondwet 9.6)
(b)  ‘n Tak sal daarmee moet rekening hou, dat NUK ‘n bedrag per lid (capitation fee) sal hef wat aan hoofkantoor oorbetaal moet word. (GGSA grondwet 9.5) NUK sal by die laaste vergadering van die voorafgaande oor dié bedrag besluit (GGSA grondwet 9.5)
(c)  Vir mense wat direk by GGSA hoofkantoor inskryf en nie aan ‘n tak wil behoort nie,  sal ‘n bedrag soos deur die NUK bepaal word, betaalbaar wees. (GGSA grondwet art 7.3.1.1)
·         ‘n Nuwe lidmaatskapvorm sal ontwerp word

FINANSIëLE STATE 2022 tot 31 DESEMBER 2011

Danksy die nougesette finansiële beheer wat André Heydenrych die afgelope 8½ jaar oor GGSA se finansies uitgegoefen het, gaan dit goed met GGSA.
Hoofkantoor doen die volgende bestedings vir takke waarvoor hulle aansoek kan doen:
i          Die reis en verblyfkoste van ‘n takvoorsitter of sy sekundus wat die Nasionale AJV bywoon;
ii:          Een spreker per jaar vir ‘n takvergadering;
iii          ‘n Takprojek wat deur NUK goedgekeur is;
iv         Die koste daarvan wanneer ‘n tak die voorsitter van ‘n ander tak uitnooi

PRODUKTE

i           Die pryslys vir GGSA produkte maak daarvoor voorsiening dat GGSA-lede 25% afslag op produkte kry.
ii           Lede word aangemoedig om hulle familieregisters aan GGSA te gee. Die voordeel daarvan is dat die inligting wyd versprei word en nie verlore sal raak nie. Dit bied ook ‘n bron van inkomste vir GGSA
Moenie ‘n kopiereg-oortreding begaan nie.
GGSA-produkte (boeke, CD’s. DVD.s) mag nie gekopieer word nie.
iii          OMNIBUS: Die bedoeling van die Omnibus is dat die stambome van kleinfamilies en die takke van groot families daarin opgeneem sal word. Lede word versoek om gedigitaliseerde familieregisters beskikbaar te stel en hulle oë oop te hou by veral ou mense wat handgeskrewe stambome en geslagsregisters het waarvan digitale foto’s geneem kan word. Takke kan geld by NUK aanvra om dit te laat tik vir opname in Omnibus.
iii          Produkte is by takke te koop of te bestel by Judi Meyer.

FAMILIA

Verlede jaar is 3 000 hardekopië uitgestuur en die res in digitale vorm.

Stuur artikels na Richard Ford vir opname in GGSA. Familia is GGSA se prestige blad wat ook in buitelandse biblioteke versprei word.

GGSA PROJEKTE

Begraafplaasprojek 
Begraafplaas DVD nr 10 bevat 546 389 name van 2 877 begraafplase wat dui op ‘n verhoging van 133 936 name in 90 begraafplase.

Lede wat reeds ‘n begraafplaas CD/DVD het, kan die opgegradeerde een koop teen R110. Nuwe lede betaal R150 en buitemense R225.

Lede word aangemoedig om die grafte van begraafplase af te neem. Stuur die foto's van grafte met ‘n foto van die begraafplaas in geheel of die ingang plus die koördinate na Alta Griffiths.

1984-Kieserslys (Olifantprojek)
  •      EEN miljoen name is reeds getik
  • 'n Stel met 207 lêers in Excell 2003 gaan beskikbaar gestel word teen R350 en 25% korting vir lede.
  • Nog tiksters word benodig. Die voordeel daarvan is dat ‘n tiksters aan die einde van die projek die finale produk gratis gaan ontvang en ondertussen kry hulle reeds na voltooiing van die eerste lêer toegang tot alles wat reeds getik is - nogal iets om aan te dink. Kontak Dennis Pretorius.

Begraafplaasbriefies 
Lede word aangemoed om digitale foto’s van begrafnisbriefies te neem en dit aan Fanie Blignaut of Hobbie Stofberg te stuur.

GGSA-BRANDPUNTE WAT ONDERSOEK WORD

Aantal en koste van NUK-vergaderings
‘n Komitee bestaande uit Simon du Plooy en Gerrit Muller is aangewys om die aantal en koste van NUK-vergaderings te ondersoek en ‘n verslag uit te bring.

Belasting
Johan Hefer sal die kwessie van GGSA se belastingpligtingheid al dan nie, ondersoek.en verslag aan die NUK doen.

Kantoor en personeel
Die saak geniet steeds aandag en word met groot omsigtigheid deur ‘n komitee bekyk.

Akrediteringstelsel
Daar is ‘n behoefte dat genealoë met bepaalde ervaring in genealogie op versoek as sodanig geakrediteer kan word.

GGSA-toekennings
‘n Komitee bestaande uit Dennis Pretorius, Petro Corejees-Brink, Richard Ford, Leoni Barnard & Rentia Landman is aangewys om na die kriteria vir die onderskeie kategorieë te kyk naamlik: Erelid; Genoot; Genealoog van die Jaar; Meriete; Ekstra myl; Beste familie webwerf.

NUWE NUK

Daar was onvoldoende nominasies vir poste op die NUK en die proses is oopgehou tot middagete. ‘n Reëling is ook getref dat die grondwet by ‘n spesiale raadsvergadering verander sal word om voorsiening daarvoor te maak dat lede wat op die NUK verkies word, nie hulle poste in hulle takke hoef te ontruim nie. Die nuwe bestuur wat verkies is, is die volgende:

President                                  Petro Corejees-Brink
Vise-president                         Dennis Pretorius
Tessourier                                 Hendrik Louw
Sekretaris                                 Renier Feltmann
Addisionele lid                         Ferdie van Wyk
Redakteur van Familia            Richard Ford


Inkomende president Petro Coreejes-Brink & uittredende president Hendrik Louw. 
SATERDAGAAND SE DINEE

Almal mooi opgetof en met Dennis Pretorius as sjarmante seremoniemeester was dit ‘n heerlike aand en ‘n baie mooi geleentheid.
Gasspreker by Saterdagaand se dinee, mnr Poem Mooney, hoof van die Attakwa Khoi-stam.
TOEKENNINGS vir 2011 WAT SATERDAGAAND OORHANDIG IS

Genoot
Die hoogste toekening vir ‘n GGSA lid, naamlik jarelange diens aan die genootskap is welverdiend aan Daan Hamman toegeken

Genealoog van die Jaar: Dr Jan CE Visagie is aangewys as Genealoog van die jaar 2011,  vir sy lewenslange toewyding aan genealogie wat gekulminieer is in die hersiene en uitgebreide uitgawe Voortrekkerstamouers wat verlede jaar verskyn het.

Publikasie van die jaar. Met Penelope Forrest se boek A mirror in letters oor die briewe van haar familie wat sy georden en aan die hand daarvan ‘n familiestamboom opgestel het, het sy nuwe gesigpunte vir genealoë oopgemaak.

Meriete
  • Ferdie van Wyk vir GGSA se webwerf waaraan hy “lyf” gegee het
  • Hennie Gennis vir die baie knap Gennisboek
  • Eleanor & Ken Garvie saam met die Durbantak vir die ontsaglike werk om digitale foto’s van die registers van die Stellawood begraafplaas 1905-2000 met 114 054 name te neem.

Hobbie Stofberg en Alta, die hooforganiseerders van die AJV