|
Hendrik Louw |
Hendrik Louw, pas-uitgetrede president van die Genootskap, skryf soos volg op
SAGEN.
Die afgelope drie jaar (as president van die Genootskap) was
wonderlike en aangename jare en ek glo en het volle vertroue so sal dit
voortgaan. Met so 'n puik NUK en NR kan dit ook nie anders nie.
Laat ek net eers begin by die lede wat uittree, maar beslis nie gaan verdwyn
nie, daarvoor gaan ons sorg.
1.
André Heydenrych wat oor amper 11 jaar 'n ruskansie neem. André, dankie
vir al jou ondersteuning vir my drie jaar in die "huis-van-Genealogie" dit
was een hengse groot voorreg om met jou saam te werk, jy het my voorwaar op
my neus laat kyk, jy sal weet wat ek bedoel. Ek was aangenaam verras en
bevoorreg om saam met jou en onder jou wakende oog meet van GGSA en sy
finansies te wete te kom.
2.
Leoni Barnard wat soos 'n regte PA en ware mede-NUK-lid wondere gedoen
het en berge verskuif het. Sy het vele male ook eksta-myle geloop
ter-wille-van GGSA en die groter prentjie. Sonder haar sou die drie jaar
beslis nie so 'n groot sukses gewees het nie.
3.
Dirk Bloem wat ook 'n leeue-aandeel saam met Richard Ball in die
webtuiste ontwikkeling het. Dirk, baie dankie en mag jou verdere bydraes by
Noordwes jou met vreugde vul.
Dan aan die nuwe NUK-lede.
Soos julle almal nou teen die tyd weet gaan
Petro Coreejes-Brink by my
oorneem as president van GGSA en behou ook die Begraafplaas koördineringsfunksie. Sy het 'n besonderse indruk op my gemaak met die manier waarop sy
die vooraf gaande twee jaar as vise-president ingeskakel het en die leiding
wat sy geneem het.
Ook die skakeling op die vlak met GISA en lede was vir haar
kinderspeleties, dus is sy meer as net bevoeg om in daardie stoel te sit.
Ek wens haar 'n heerlike en vreugdevolle jaar toe. Genealogie is ons
belangstelling, ons stokperdjie en mag nie soos werk voel nie, ons moet te
alle tye mekaar respekteer, saamwerk as een familie en humor skep, dit moet
vir almal lekker wees, ons wil saam kuier, saam gesels en saam lag. Baie
geluk, jy en die volle GGSA het nog steeds my volle ondersteuning.
Dan
Dennis Prestorius, nie net alleen het hy die bussie gereël vir die rit
na Uniondale en terug nie, hy was ook die bestuurder, bygesê die enigste
bestuurder. Om 14 en meer ure per dag agter die stuur te sit is beslis
vermoeiend, maar hy het met God se genade ons veilig soontoe en terug
gebring. Verder is die geëerde man ons nuwe vise-president en behou ook die
portefuelje-projekte. Sy vermoëns kan niemand misken nie, almal weet dat hy
GGSA met oorgawe dien en weet waarvan hy praat. Sy leierseienskappe loop
voor hom uit -- wat meer kan ek sê. Baie geluk ook aan jou en dankie vir jou
bydraes en ondersteuning oor baie jare.
Ekself sal André se pos van tesourier vul en produk-ontwikkeling, so ek gaan
nog steeds lede help om hul navorsing te publiseer. So moenie my sommer
weggooi nie.
Renier Feldtmann gaan by Leoni oorneem. Aan hom wens ek ook sterkte en
voorspoed toe. Net net ek nie, maar ek weet Leoni sal help waar moontlik
indien nodig.
Laastens een persoon wat regtig geen nuwe naam by ons is nie en beslis nie
onbekend aan ons is nie,
Ferdie van Wyk. Hy het klaar destyds as voorsitter
van Noord Transvaaltak gewys dat hy passievol is vir Genealogie en die
laaste tyd weer eens net dit onderstreep om GGSA se webtuiste op die
voorgrond te plaas. Ferdie was Gekoöpteerde lid, maar is nou 'n volle NUK-lid. Hy beklee die addissionele pos en voltooi die 5 NUK-lede sirkel.
Aan my mede-NUK lede, baie geluk, saam glo ek die wa gaan galop en nie
net getrek word nie.
Die gekoöpteerde lede is die mense wat GGSA aan die beweeg hou, sonder hulle
kan ons nie regtig vorentoe nie, dus aan
Richard Ford (Familia),
Peter Moss
(begraafplaas-DVD)
Rentia Landman (bemarking en publisiteit),
Judi Meyer
(Omnibus, produkte en produkadministrasie).
Ook moet ek
eGGSA bedank en die vorige bestuur wat ingestem het dan
hulle die AJV sal reël, ook die huidige bestuur en veral
Alta Griffiths ...
die vrou kan darem organiseer. Alta, baie geluk en een groot dankie. Dit was een aangename AJV wat ons baie geniet het.
Aan al ons lede, wat sal GGSA nou wees sonder julle, baie dankie vir
ondersteuning, al jul oproepe, e-posse en mooi wense, gebede en
geselsies, ek waardeer dit.
Mag vandag en die toekoms vir GGSA vreugde skyn.