JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

13 January 2012

'n Lusmaker vir die jaar

Deur John Stephens

Ons eerste vergadering van die komitee en die tak vanjaar is op 21 Januarie. By hierdie geleentheid luister ons na ons eie Neels Coertse.  Hy sal praat oor die Depressiejare en die Arm-Blankevraagstuk van die Dertigerjare. Dit behoort ‘n baie interessante voordrag te wees en vir baie van ons lede inligting gee oor Afrikaners wat hulle nie geweet het nie.

Op 4 Februarie 2012 is daar weer ‘n geleentheid saam met die Roodepoortse Museum om ‘n Genealogie- en Museumdag saam te hou.

Op 18 Februarie is dit ons Tak se AJV en sal daar heelwaarskynlik nogal ‘n aantal veranderinge aan die Tak se Uitvoerende Komitee (TUK) wees.

Lucas Rinken het aangedui dat hy nie weer beskikbaar is nie. Hy dien nou amper ses jaar as voorsitter. Sy gesondheid is nie na wense nie en hy voel dat dit nou iemand anders se beurt is om die leisels oor te neem. Bob Saunders het aangedui dat hy bereid is om die taak oor te neem. Sy gesondheid is egter ook nie van die beste nie. Neels Coertse wil die Nuusbrief-portefeulje behou. Kriek Fourie is tevrede by Podukverkope en Giel Nel by die Begraafplaasprojek. My gesondheid is ook nie na wense nie.  Daarom sal dit beter sal wees as ‘n nuwe sekretaris gekies word. Alhoewel ek die werk geheel-en-al geniet, kan mens nie altyd doen wat jou hart vra nie.

Die program vir hierdie jaar is al ver gevorder.  Die nuwe komitee hoef net die tweede helfte se program in orde kry.