Deur John Stephens
John Stephens |
Ons tak het Saterdag, 28 Januarie 2012, na ‘n uitstekende
toespraak oor hierdie saak geluister. Wat my egter van die toespraak gepla het,
is dat daar dalk van ons lede is wat dink dat die Afrikaner van die vorige eeu
‘n agterlike mens was. Dit was gewis nie so nie.
• Om hierdie stelling deur te trek moet ons veel verder teruggaan. Ons moet in gedagte hou dat in 1834 – 1836 die Afrikaners uit die Kaapprovinsie padgegee het en ‘n nuwe toekoms in die onbekende binneland gaan soek het. Daar is talle redes hiervoor. Die Britse owerheid wou nie aandag gee aan die probleme op die Oosgrens nie. Die aangrensende swartes het boere se huise aangeval, vee gesteel en blankes uitgemoor.
• Gelukkig was daar nog Afrikanerleiers met deursettingsvermoë en is daar besluit om liewer die onbekende aan te durf as om langer onder die Britte te staan en deur die Swartes uitgemoor en besteel te word.
• Vandag klim ons in ‘n vliegtuig en ons is binne ‘n ommesientjie waar ons wil wees. Daardie dae was die vervoermiddel ‘n Voortrekkerwa. Ruimte was uit die aard van die saak baie beperk. En tog het die Afrikanervroue hul mooi breekgoed en linnegoed ingepak en op die trek gebruik. Hulle was beskaafd.
• Verder moet daar in gedagte gehou word dat die Groottrek geheel-en-al teen die kerke se wil was. Daar was geen predikant wat kans gesien het om die Trek te vergesel nie. Net eerwaarde Erasmus Smit het as geestelike leier saam getrek. Vergeleke met vandag se Afrikaners kan mens maklik sê dat geestelik en Godsdienstig daardie Afrikaners op ‘n baie hoër trap was as baie van vandag se Afrikaners. Wie is dus die agterlikes?
• Ons ken die geskiedenis van hoe die blankes ook op die trekpad uitgemoor is en sy besittings geroof is. En moenie laat daar vertel word dat hierdie geskiedenis verdraaide geskiedenis is nie. Daarom staan daar bakens langs hierdie paaie wat aantoon wat ons voorgeslag moes ly en deurmaak.
• Ons mense het uiteindelik in die Oranje Vrystaat en Transvaal ‘n tuiste gevind. En net toe dit lyk asof ons nou ons voete gevind het, kom die goudstormloop. Ons mense op die plase het knellende droogtes en die runderpes deurgemaak. Meeste was maar net bestaansboere. En toe die geroesemoes van fortuinsoekers in Johanesburg aankom, is die Afrikaner opgeslurp in hierdie fortuinsoeke. Boere het hul plase verlaat en die goudvelde ingevaar.
• Kom ons dink net terug aan hoe Johannesburg op daardie stadium sou lyk. Dit was ‘n onontwikkelde dorpie. En skielik staan daar die een kroeg na die ander daar op. Daarmee saam stringe bordele. En waar is die kerk? Eers in Mei 1887 kom proponent J.N.Martins in Johannesburg aan. Die moedergemeente Johannesburg word in daardie selfde jaar gestig. Vandag bestaan baie van die ou plaasname nog in Johannesburg: Braamfontein, Langlaagte, Turffontein en Bezuidenhoutsvallei.
• Kort na die aankoms van die jong onervare predikant verskyn daar die volgende berig in De Kerkbode: “Met die geestelike toestand van hierdie plek is dit ellendig gesteld; goeie brawe jongmense (boereseuns) uit die Kolonie en die Vrystaat sien ‘n mens saans in ‘n besope toestand deur die strate waggel. Die oorsaak is dat baie van die jongmense wat hierheen kom – soos dit die gewoonte hier op die Goudvelde is – ‘n klein tentjie opslaan van drie voet hoog en sewe of agt voet lank, net om in te slaap en te was. “ Dan volg vereensaming en die soeke na warmte wat hulle dan in die biljaartkamers van die hotelle vind. Dan volg verleiding. Die invloed van die Boerehuis is nie meer daar nie.
• Stel jou voor die armoede wat daar toe geheers het. In die Vrystaat en ook in Transvaal.

·
Die Britte, en by name Lord Milner, wou die
Afrikaner wys wie nou baas is. Op skool sou die kinders dan net Engels kon leer
en selfs met mekaar net Engels kon praat. Maar die Afrikaner laat hom nie so
verneder om nou ook die taal van die onderdrukker te moet besig nie. Oral word
CNO (Christelike Nasionale Onderwys) skole in die lewe geroep. Hier lewer die
kerk ‘n reuse-bydrae tot die behoud van die Afrikanerkind en sy opvoeding.
·
In sommige huise verander die Afrikanernaam by
voorbeeld van Jakobus na James; van Maria na Mary; van Johannes na John.
Ongelooflik! Maar Milner seëvier nie!
• Die kerk het toe sy bes probeer om die Afrikaner op te hef. maar skaars was hy op sy voete of die Rebellie van 1914 breek uit. Boer teen Boer. Jan Smuts en Louis Botha teen Christiaan de Wet, Koos de la Rey, C.F Beyers, Kemp en Maritz. En die smarte duur voort.
• Nog is dit die einde nie, want van 1914 – 1919 breek die Eerste Wereldoorlog ook uit.
·
Dis verstommend. Dit was soos ‘n boksgeveg. Die
Afrikaner was teen die planke. Stadigaan was hy besig om op sy knieë te kom.
Maar toe tref die volgende hou hom. Die ergste griep-epidemie breek in 1918 in
die wêreld uit. Ook Transvaal en die Vrystaat loop deur. Derduisende
mense sterf. Soms is hele huisgesinne uitgewis. Anderkere weer was dit ‘n pa en ma, of
een van hulle plus van die kinders. Die uiteinde daarvan was dat talle kinders
wees nagelaat is en sorgbehoewend geraak het. Die kerk het hier die opheffende
en versorgende hand uitgesteek en kinderhuise het hierdie wesies ingeneem.
• Die klappende koeëls het net stil geword toe breek daar die 1922 Mynwerkerstaking uit.
• In Julie 1923 word daar ‘n Volkskongres oor die arm-Blanke vraagstuk in Bloemfontein gehou. Die toestand het so versleg en werkloosheid, en volksverarming het so toegeneem dat die kerk hierdie kongres gehou het. Daarna volg verskeie reddingspogings. Na die Tweede Vryheidsoorlog is daar talle oorlogswesies en kinders van ouers wat net nie daartoe instaat was om vir die kinders te sorg nie. So ontstaan die Abraham Kriel Kinderhuis in die Langlaagte gemeente. Wonderlike opheffingswerk is deur die jare hier gedoen.
• En die einde is dit nog nie. Daar breek die depressie uit en Afrikanermans werk soos slawe op die paaie met pik en graaf teen ‘n bitter klein besoldiging. Die dertigerjare bring verder mee dat daar van die goudstandaard afgestap word.
• In 1934 word ek gebore, midde in die depressie. Ja, ek was ‘n arm klein seuntjie. My pa was ‘n mynwerker. My ma was die anker en het nie alleen net haar eie nege kinders groot gemaak nie, maar later ook nog vier gekommiteerde kinders.
• En vriende, moenie glo dat die Afrikaner agterlik is nie. Hy staan sy man op elke moontlike terrein in die lewe.
• Ons het gehoor van die Carnegie-verslag, maar net daarna was daar weer ‘n Volkskongres. Miskien wil mense nie hiervan hoor nie, want daarin het dr. Hendrik Verwoerd ‘n baie prominente rol gespeel. Dan breek die Tweede Wereldoorlog uit en die Afrikaner word in talle verskillende kampe gejaag. Sommiges volg Jan Smuts aan die Britte se kant. Ander staan vyandiggesind teenoor enigeen wat dit durf waag om die rooilissie te dra.
• Nee, die Afrikaner is geensins agterlik nie. Ja, nes in alle ander volke is daar ook diegene wat in die agterlike kategorie val, maar, met groot trots kan ek my Afrikanerbors uitstoot. Jy kan dit ook doen!