The latest newsletter of the branch is published below. Please be
patient while it is loading. Use the icons below the report. "View in fullscreen" produces best results.
Wes-Gauteng-nuusbrief 2012-01
JAARPROGRAM
Klik op JAARPROGRAM hierbo vir besonderhede.
31 January 2012
30 January 2012
Die arm-Blanke vraagstuk en die Afrikaner
Deur John Stephens
John Stephens |
Ons tak het Saterdag, 28 Januarie 2012, na ‘n uitstekende
toespraak oor hierdie saak geluister. Wat my egter van die toespraak gepla het,
is dat daar dalk van ons lede is wat dink dat die Afrikaner van die vorige eeu
‘n agterlike mens was. Dit was gewis nie so nie.
• Om hierdie stelling deur te trek moet ons veel verder teruggaan. Ons moet in gedagte hou dat in 1834 – 1836 die Afrikaners uit die Kaapprovinsie padgegee het en ‘n nuwe toekoms in die onbekende binneland gaan soek het. Daar is talle redes hiervoor. Die Britse owerheid wou nie aandag gee aan die probleme op die Oosgrens nie. Die aangrensende swartes het boere se huise aangeval, vee gesteel en blankes uitgemoor.
• Gelukkig was daar nog Afrikanerleiers met deursettingsvermoë en is daar besluit om liewer die onbekende aan te durf as om langer onder die Britte te staan en deur die Swartes uitgemoor en besteel te word.
• Vandag klim ons in ‘n vliegtuig en ons is binne ‘n ommesientjie waar ons wil wees. Daardie dae was die vervoermiddel ‘n Voortrekkerwa. Ruimte was uit die aard van die saak baie beperk. En tog het die Afrikanervroue hul mooi breekgoed en linnegoed ingepak en op die trek gebruik. Hulle was beskaafd.
• Verder moet daar in gedagte gehou word dat die Groottrek geheel-en-al teen die kerke se wil was. Daar was geen predikant wat kans gesien het om die Trek te vergesel nie. Net eerwaarde Erasmus Smit het as geestelike leier saam getrek. Vergeleke met vandag se Afrikaners kan mens maklik sê dat geestelik en Godsdienstig daardie Afrikaners op ‘n baie hoër trap was as baie van vandag se Afrikaners. Wie is dus die agterlikes?
• Ons ken die geskiedenis van hoe die blankes ook op die trekpad uitgemoor is en sy besittings geroof is. En moenie laat daar vertel word dat hierdie geskiedenis verdraaide geskiedenis is nie. Daarom staan daar bakens langs hierdie paaie wat aantoon wat ons voorgeslag moes ly en deurmaak.
• Ons mense het uiteindelik in die Oranje Vrystaat en Transvaal ‘n tuiste gevind. En net toe dit lyk asof ons nou ons voete gevind het, kom die goudstormloop. Ons mense op die plase het knellende droogtes en die runderpes deurgemaak. Meeste was maar net bestaansboere. En toe die geroesemoes van fortuinsoekers in Johanesburg aankom, is die Afrikaner opgeslurp in hierdie fortuinsoeke. Boere het hul plase verlaat en die goudvelde ingevaar.
• Kom ons dink net terug aan hoe Johannesburg op daardie stadium sou lyk. Dit was ‘n onontwikkelde dorpie. En skielik staan daar die een kroeg na die ander daar op. Daarmee saam stringe bordele. En waar is die kerk? Eers in Mei 1887 kom proponent J.N.Martins in Johannesburg aan. Die moedergemeente Johannesburg word in daardie selfde jaar gestig. Vandag bestaan baie van die ou plaasname nog in Johannesburg: Braamfontein, Langlaagte, Turffontein en Bezuidenhoutsvallei.
• Kort na die aankoms van die jong onervare predikant verskyn daar die volgende berig in De Kerkbode: “Met die geestelike toestand van hierdie plek is dit ellendig gesteld; goeie brawe jongmense (boereseuns) uit die Kolonie en die Vrystaat sien ‘n mens saans in ‘n besope toestand deur die strate waggel. Die oorsaak is dat baie van die jongmense wat hierheen kom – soos dit die gewoonte hier op die Goudvelde is – ‘n klein tentjie opslaan van drie voet hoog en sewe of agt voet lank, net om in te slaap en te was. “ Dan volg vereensaming en die soeke na warmte wat hulle dan in die biljaartkamers van die hotelle vind. Dan volg verleiding. Die invloed van die Boerehuis is nie meer daar nie.
• Stel jou voor die armoede wat daar toe geheers het. In die Vrystaat en ook in Transvaal.
• Om hierdie stelling deur te trek moet ons veel verder teruggaan. Ons moet in gedagte hou dat in 1834 – 1836 die Afrikaners uit die Kaapprovinsie padgegee het en ‘n nuwe toekoms in die onbekende binneland gaan soek het. Daar is talle redes hiervoor. Die Britse owerheid wou nie aandag gee aan die probleme op die Oosgrens nie. Die aangrensende swartes het boere se huise aangeval, vee gesteel en blankes uitgemoor.
• Gelukkig was daar nog Afrikanerleiers met deursettingsvermoë en is daar besluit om liewer die onbekende aan te durf as om langer onder die Britte te staan en deur die Swartes uitgemoor en besteel te word.
• Vandag klim ons in ‘n vliegtuig en ons is binne ‘n ommesientjie waar ons wil wees. Daardie dae was die vervoermiddel ‘n Voortrekkerwa. Ruimte was uit die aard van die saak baie beperk. En tog het die Afrikanervroue hul mooi breekgoed en linnegoed ingepak en op die trek gebruik. Hulle was beskaafd.
• Verder moet daar in gedagte gehou word dat die Groottrek geheel-en-al teen die kerke se wil was. Daar was geen predikant wat kans gesien het om die Trek te vergesel nie. Net eerwaarde Erasmus Smit het as geestelike leier saam getrek. Vergeleke met vandag se Afrikaners kan mens maklik sê dat geestelik en Godsdienstig daardie Afrikaners op ‘n baie hoër trap was as baie van vandag se Afrikaners. Wie is dus die agterlikes?
• Ons ken die geskiedenis van hoe die blankes ook op die trekpad uitgemoor is en sy besittings geroof is. En moenie laat daar vertel word dat hierdie geskiedenis verdraaide geskiedenis is nie. Daarom staan daar bakens langs hierdie paaie wat aantoon wat ons voorgeslag moes ly en deurmaak.
• Ons mense het uiteindelik in die Oranje Vrystaat en Transvaal ‘n tuiste gevind. En net toe dit lyk asof ons nou ons voete gevind het, kom die goudstormloop. Ons mense op die plase het knellende droogtes en die runderpes deurgemaak. Meeste was maar net bestaansboere. En toe die geroesemoes van fortuinsoekers in Johanesburg aankom, is die Afrikaner opgeslurp in hierdie fortuinsoeke. Boere het hul plase verlaat en die goudvelde ingevaar.
• Kom ons dink net terug aan hoe Johannesburg op daardie stadium sou lyk. Dit was ‘n onontwikkelde dorpie. En skielik staan daar die een kroeg na die ander daar op. Daarmee saam stringe bordele. En waar is die kerk? Eers in Mei 1887 kom proponent J.N.Martins in Johannesburg aan. Die moedergemeente Johannesburg word in daardie selfde jaar gestig. Vandag bestaan baie van die ou plaasname nog in Johannesburg: Braamfontein, Langlaagte, Turffontein en Bezuidenhoutsvallei.
• Kort na die aankoms van die jong onervare predikant verskyn daar die volgende berig in De Kerkbode: “Met die geestelike toestand van hierdie plek is dit ellendig gesteld; goeie brawe jongmense (boereseuns) uit die Kolonie en die Vrystaat sien ‘n mens saans in ‘n besope toestand deur die strate waggel. Die oorsaak is dat baie van die jongmense wat hierheen kom – soos dit die gewoonte hier op die Goudvelde is – ‘n klein tentjie opslaan van drie voet hoog en sewe of agt voet lank, net om in te slaap en te was. “ Dan volg vereensaming en die soeke na warmte wat hulle dan in die biljaartkamers van die hotelle vind. Dan volg verleiding. Die invloed van die Boerehuis is nie meer daar nie.
• Stel jou voor die armoede wat daar toe geheers het. In die Vrystaat en ook in Transvaal.
·
Die Britte, en by name Lord Milner, wou die
Afrikaner wys wie nou baas is. Op skool sou die kinders dan net Engels kon leer
en selfs met mekaar net Engels kon praat. Maar die Afrikaner laat hom nie so
verneder om nou ook die taal van die onderdrukker te moet besig nie. Oral word
CNO (Christelike Nasionale Onderwys) skole in die lewe geroep. Hier lewer die
kerk ‘n reuse-bydrae tot die behoud van die Afrikanerkind en sy opvoeding.
·
In sommige huise verander die Afrikanernaam by
voorbeeld van Jakobus na James; van Maria na Mary; van Johannes na John.
Ongelooflik! Maar Milner seëvier nie!
• Die kerk het toe sy bes probeer om die Afrikaner op te hef. maar skaars was hy op sy voete of die Rebellie van 1914 breek uit. Boer teen Boer. Jan Smuts en Louis Botha teen Christiaan de Wet, Koos de la Rey, C.F Beyers, Kemp en Maritz. En die smarte duur voort.
• Nog is dit die einde nie, want van 1914 – 1919 breek die Eerste Wereldoorlog ook uit.
·
Dis verstommend. Dit was soos ‘n boksgeveg. Die
Afrikaner was teen die planke. Stadigaan was hy besig om op sy knieë te kom.
Maar toe tref die volgende hou hom. Die ergste griep-epidemie breek in 1918 in
die wêreld uit. Ook Transvaal en die Vrystaat loop deur. Derduisende
mense sterf. Soms is hele huisgesinne uitgewis. Anderkere weer was dit ‘n pa en ma, of
een van hulle plus van die kinders. Die uiteinde daarvan was dat talle kinders
wees nagelaat is en sorgbehoewend geraak het. Die kerk het hier die opheffende
en versorgende hand uitgesteek en kinderhuise het hierdie wesies ingeneem.
• Die klappende koeëls het net stil geword toe breek daar die 1922 Mynwerkerstaking uit.
• In Julie 1923 word daar ‘n Volkskongres oor die arm-Blanke vraagstuk in Bloemfontein gehou. Die toestand het so versleg en werkloosheid, en volksverarming het so toegeneem dat die kerk hierdie kongres gehou het. Daarna volg verskeie reddingspogings. Na die Tweede Vryheidsoorlog is daar talle oorlogswesies en kinders van ouers wat net nie daartoe instaat was om vir die kinders te sorg nie. So ontstaan die Abraham Kriel Kinderhuis in die Langlaagte gemeente. Wonderlike opheffingswerk is deur die jare hier gedoen.
• En die einde is dit nog nie. Daar breek die depressie uit en Afrikanermans werk soos slawe op die paaie met pik en graaf teen ‘n bitter klein besoldiging. Die dertigerjare bring verder mee dat daar van die goudstandaard afgestap word.
• In 1934 word ek gebore, midde in die depressie. Ja, ek was ‘n arm klein seuntjie. My pa was ‘n mynwerker. My ma was die anker en het nie alleen net haar eie nege kinders groot gemaak nie, maar later ook nog vier gekommiteerde kinders.
• En vriende, moenie glo dat die Afrikaner agterlik is nie. Hy staan sy man op elke moontlike terrein in die lewe.
• Ons het gehoor van die Carnegie-verslag, maar net daarna was daar weer ‘n Volkskongres. Miskien wil mense nie hiervan hoor nie, want daarin het dr. Hendrik Verwoerd ‘n baie prominente rol gespeel. Dan breek die Tweede Wereldoorlog uit en die Afrikaner word in talle verskillende kampe gejaag. Sommiges volg Jan Smuts aan die Britte se kant. Ander staan vyandiggesind teenoor enigeen wat dit durf waag om die rooilissie te dra.
• Nee, die Afrikaner is geensins agterlik nie. Ja, nes in alle ander volke is daar ook diegene wat in die agterlike kategorie val, maar, met groot trots kan ek my Afrikanerbors uitstoot. Jy kan dit ook doen!
The poor white question in South Africa.
By Penny Evans
On 21 January 2012 Neels Coertse gave a talk to the West Gauteng branch of the GSSA on the poor white question in South Africa.
Neels Coertse with his technical equipment. |
The second group were those who had left the farming community. This group included those who had moved to rural villages and become poor whites, those who had moved to industrialized towns and who made a living as poorly skilled labourers and those who moved to the diamond diggings. Projects such as the building of dams employed many unskilled labourers.
The causes of inadequate adaption were discussed in the report. The heritage of the Groot Trek, the Anglo Boer War and rapid development of agriculture and the railways were factors. People were not prepared for these changes. The development of mining and industry caught the farmers unprepared. Education did not keep up with the rapid changes taking place in South Africa. Vocational and technical training was regarded as being inferior. Poor work ethic and social isolation had a negative effect on the well being of the people.
The commission realized that assistance was needed in order to deal with the problem and recommended improving farming methods and introducing agricultural training. Education to eliminate illiteracy, instilling a culture of reading, using better teaching methods and resources. School hostels for needy children. Special schools for children with special needs. Compulsory schooling till fifteen years of age. Use of the radio to educate farming communities. State assistance was needed to improve teacher training. Facilities for adult education were needed. Life skills had to be addressed and improved.
Data was collected regarding the high death rate. These factors were poor sanitation, overcrowded living conditions, water pollution, malaria, malnutrition and epidemic illnesses.
The value of the mother in the household was recognized. She had to be educated in healthier ways of food preparation and encouraged to grow vegetables. Continuous education was needed concerning ill health and care of babies. There was a need to develop clinics. A basic knowledge of nursing was needed. Isolation and lack of stimulation contributed to a lack of family development.
The commission felt that the aim of giving assistance to the poor was to help people to help themselves.
Throughout his talk Neels Coertse continually drew parallels between our historical background and our present society. This was an interesting and well researched talk.
28 January 2012
Notules: Januarie 2011
Notule van die Komiteevergadering, gehou om 12.00 op 21
Januarie 2012, in die Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan,
Ontdekkers.
Teenwoordig:
Lucas Rinken (voorsitter); Louise Dick; Margaret Humphries; Penny Evans; Neels
Coertse; Gerard Marloth; Giel Nel; Dennis Pretorius; Bob Saunders; Graham
Southey; John Stephens.
1.Verwelkoming: Die voorsitter heet almal
hartlik welkom.
2. Verskonings: Barbara Bouwer; Kriek
Fourie.
3. Notule van vorige vergadering: Op
voorstel van Bob Saunders, gesekondeer deur Neels Coertse, word die notule as
gelees beskou en goedgekeur.
3. Sake uit die notule:
3.1 Inligtingsbrosjure,
vorms en vraelyste: Bob Saunders rapporteer dat (1) die brosjure/vorms
gereed is om geimplementeer te word. Die Afrikaanse weergawe sal deur Neels nagegaan word.
(2) Bob wil fotos
van komiteelede by die lys van komiteelede plaas maar het nog net
een van Penny Evans. (3) Hy werk aan ‘n lidvorm. (4) Bob benodig nog
produkpryse vir die lys produkte. Lucas onderneem om die pryslys aan Bob te stuur. (5)
Bob werk ook aan die brosjure met inligting oor die Beginnerskursus; GGSA se
nuwe webwerf; asook ‘n skakel (link)
na ons s’n; Dennis
Pretorius sal Ferdie van Wyk vra om GGSA se webwerf op te dateer. (6)
Die Hobby-X-brief sal vanjaar gebruik word. (7) Die brief aan gewese lede (ou lede) kan vanjaar
deur die nuwe Komitee in werking gestel word.
Die
voorsitter bedank Bob baie hartlik vir die groot taak wat hy verrig.
3.2 GGSA-plakkate:Druk
op A2 formaat. Bob het die CD en sal die drukwerk doen met
die oog op 4 Februarie 2012 se
uitstalling by die Roodepoortse Museum. Lucas sal die
laminering daarvan laat doen.
4. Beplanning van byeenkomste:
* 22 Oktober 2011: Kursus
in Genealogie vir Beginners:Richard, Dennis. Dennis gee terugvoering nadat Lucas die kursusgangers se kommentaar voorgelees het.
Dennis noem dat die kursusgangers die verwelkomingsbrief moet kry. Hy noem verder dat die konsistorie te klein is en nie geskik
is vir die aanbied van ‘n kursus nie. Ook dat daar geen tafeldoeke oor die tafels was nie en
daar moet moontlik vanjaar twee kursusse aangebied word.
Die
voorsitter bedank Dennis, Richard en Margaret vir hulle insette met die kursus.
* 5 November 2011:
NUK-vergadering hier by Wes-Gautengtak. Die koste wat
ons aangegaan het kan van NUK verhaal word.
* 19 November 2011: Die
afsluitingsgeleentheid was heel aangenaam. Neels se “geskenk” moet deur hom aan die verskillende
biblioteke versend word. Hy sal ook die verkoopprys van die CD’s vasstel.
Datums vir Takbyeenkomste
in 2012:
21 Januarie: Spreker: Neels Coertse
oor die Armesorgvraagstuk van die dertigerjare. (Depressiejare).
4 Februarie: Museum- en
Genealogiedag van 09.00 – 15.00 by die Roodepoortse Museum. Noord-Transvaaltak en
Isabel Groesbeek kom. Die
koste van R500 is vir ons verlaag
deurdat daar R200 van die ander deelnemers inbetaal is. Hierdie uitstalling
bring vir ons Tak en die GGSA publisiteit en blootstelling. Ons bou ook
verhoudinge met die plaaslike Museum. Ons kry goeie media-blootstelling.
18 Februarie: Tak se Algemene Jaarvergadering. Besluit dat Dennis ‘n aanbieding oor die
Begrafnisbriefieprojek sal aanbied en dat lede hul briefies kan bring om
ingeskandeer te word. Die briefies sal dan aan Hobbie Stoffberg, die projekleier,
gestuur word.
29 Feb – 4 Maart: Hobby-X-uitstalling
by die Dome. Lucas onderneem om weer aan die hoof te
staan van die uitstalling daar. Later sal medewerkers gevra word.
Lucas noem dat die skerm aan die Tak deur sy seun geleen word. Daar word besluit dat
die sekretaris die NUK skriftelik sal
nader om ‘n donasie vir T-hemde wat by
Hobby-X gedra sal word. Daar is heelwat GGSA-hemde by Lucas beskikbaar. Die
prys moet nog bepaal word.
16 – 17 Maart 2012:
NUK-Algemene Jaarvergadering
by UNIONDALE, gereël deur eGGSA. Besluit dat Bob Saunders en Lucas Rinken die Tak daar sal
verteenwoordig.
17 Maart: Spreker: Christoff Erasmus oor “Genetiese voorouer bepaling van
die Afrikaner populasie in Suid-Afrika:
Verband tussen stambome en genetiese inligting.”
Die volgende
sake staan oor:
21 April: Spreker: Alan Jeffrey
van die Brenthurst Library praat
oor: “The preservation/conservation of old documents, photographs, pictures,
etc.” Ned. Geref. Kerk
Ontdekkerskruin, om 14.00. Daar word besluit dat ons‘n besoek aan hulle
biblioteek reël.
Please
Note: “Members should
bring in examples of the things they have, it makes it much easier for
everybody if there are things to look at and discuss. Alan does not have
a standard ‘lecture’ on conservation/preservation. It would help if there
was a variety – books, albums, framed pictures, photographs etc.”
19 Mei: Moet nog beplan
word:
16 Junie: (Vakansiedag – Moet ons skuif?)
Werkswinkel oor eie navorsingsprobleme: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin.
21 Julie: Moet nog beplan
word.
18 Augustus: Moet nog beplan
word.
15 September: ‘n
Takbesoek aan die ABO-Museum, Bloemfontein kan deur die nuwe komitee oorweeg
word.
1 September :Van 09.00
af: Die nuwe komitee moet besluit of ons weer ‘n
stalletjie sal beman, ten bate van ons
tak, by die Genealogie- en Familie-erfenisfees by Ned.Geref.Kerk Lynnwoodrif,
Pretoria, soos gereël deur Isabel Groesbeek.
29 September:
Genealogiedag by die Roodepoortse Museum se Erfenisdagviering, om 11.00 –
16.00. Die
nuwe komitee moet besluit of ons weer ‘n stalletjie sal beman, ten bate van ons tak.
6 Oktober: Beginnerskursus in Genealogie / Gevorderde kursus in Genealogie.
Die nuwe
komitee moet besluit of ons weer ‘n kursus wil aanbied.
20 Oktober: Werkswinkel oor eie
navorsingsprobleme: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, 14.00.
17
November: Afsluiting: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, om 14.00.
Die
nuwe komitee sal daarop gewys word dat die programdatums vir 2012 TENTATIEF
is en moet dus deur die nuwe Komitee bevestig word, behalwe waar daar reeds met
sprekers gereёl is.
5.
Verslae:
****
NB: Voor 19 Januarie 2012 moet elke komiteelid asseblief ‘n skriftelike verslag
oor hul portfolio by die sekretaris indien. Ook asseblief ‘n tesouriersverslag
vir die jaar eindigende 31 Desember 2011.
Skriftelike verslae uitstaande: Voorsittersverslag; Produkverkope en
Begraafplaasprojek
5.1 Finansiële
geskrewe verslag: Dennis
se skriftelike verslag word met groot dank goedgekeur. Daar word besluit dat die sekretaris ‘n brief
aan NUK stuur waarin gevra word of takke se waardevolle items onder een polis
in die naam van GGSA verseker kan word. Ons Tak se bates is tans nie verseker
nie.
5.2 Lidmaatskap:
Gerard
se skriftelike verslag word met dank aanvaar. Gerard en Dennis sal ‘n ander eposadres, asook
faksadres, vir die Tak skep.
5.3 Nuusbrief:
Neels se
skriftelike verslag word met dank goedgekeur. Neels sal die verkoopprys van die CD’s/DVD’s
vasstel. Besluit om dit voorlopig teen R50 elk te verkoop. Hy sal ook skakel met
MuseumAfrica vir die plasing van Bybelfotos op die web.
5.4
Biblioteek: Graham en Louise se
skriftelike verslag word met groot dank goedgekeur. Bob oorhandig 9 boeke wat
‘n kollega aan ons Tak geskenk het en Lucas onderteken die brief van dank en
waardering. Bob word ook bedank.
5.5 Produkverkope:
Skriftelike verslag: Uitstaande: Kriek. Besluit dat hy
‘n inventaris opstel van die produkte sodat dit aan die Tesourier oorhandig kan
word vir inkorporasie in die jaareind-geldelikeverslae.
5.6 Kommunikasie:
Penny se
skriftelike verslag word met groot dank goedgekeur. Penny kan ook die artikels wat sy vir die
nuusbrief en blog skryf aan die media stuur.
5.7 Begraafplaasoptekening: Skriftelike verslag: Uitstaande. Giel. Die Metroraad se Parke-afdeling moet ook ‘n
kopie kry. Daar word besluit dat ‘n kopie van begraafplase wat opgeteken is, ook
in die biblioteek gehou sal word. Besluit dat die werk aan die Panorama begraafplaas by einde
Junie 2012 afgehandel sal wees. Daar word kennis geneem dat Peter Moss Giel,
John en of Lucas of Bob sal ontvang en die begraafplaasoptekening met hulle sal
bespreek. Dennis sal met Isabelle Krause skakel om te hoor of hulle die
registers sal fotografeer en ons ‘n kopie daarvan sal gee. Giel moet aan die
afhandeling van projekte prioriteite toeken.
5.8 Verversings
ens.: Margaret
se skriftelike verslag word met groot dank aanvaar. 19 November se
Bring-en-Braai, se kostes is deur die tak betaal.
5.9
e-SAGI: Dennis noem dat daar in
2011 71 e-SAGI’s verkoop is. Hy vra weer dat lede Lucas sal bystaan met e-SAGI
aangesien hy dit stoksiel-alleen doen en die Tak die vrugte daarvan pluk. E-SAGI
staan tans op 611 000 name.
5.10
Herman se CD: Gedclean: Gerard werk nog hieraan.
5.11
Olifant-opeet: Dennis. Staan oor.
5.12
Inventaris: Penny en Margaret het
die inventaris vir breek- en kombuisware op skrif ingedien. Hulle word baie hartlik
daarvoor bedank.
6.
Komitee vir 2012: Bob
is beskikbaar vir die voorsitterpos; Neels verkies om Redakteur van die
Nuusbrief te bly; Kriek wil by Produkverkope bly en Giel wil as
Begraafplaas-koördineerder aanbly. Lucas sal as
assistent-tesourier vir Dennis help.
Ander komiteelede is
bereid om aan te bly op die Komitee:Dennis as Tesourier; Assistent-tesourier Lucas Rinken;
Bibliotekaris: Graham; Assistent bibliotekaris: Louise Dick; Sekretaris
Ledesake: Gerard; Communication/Blog: Penny sou graag vervang word; Secretary
Events: Margaret sou graag vervang wou word maar sal aanbly indien niemand
bereid is om oor te neem nie.
Hierdie sake staan oor:
7.
Enige ander sake: 7.1 Familiebybels: Neels.
7.2
Richard se voorstel met die oog op
sprekers oor eie navorsing.
7.3
Mentors
7.4
Lede eie navorsing vanjaar vir
biblioteek gee.
7.5 Uitstappies vanjaar
7.6
Vergadering oor lede se vrae
8.
Verdaging: Die
vergadering verdaag om 13.45 om die Takvergadering by te woon.
Notule as gelees beskou, GOEDGEKEUR en geteken op .......................... 2012
.....................................
....................................
Voorsitter Sekretaris
Notule van die Takvergadering, gehou om 14.00 op 21 Januarie 2012, in die Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers.
Teenwoordig: Lucas Rinken (voorsitter); Neels
Coertse (Spreker); Louise Dick; Graham Southey; Hennie en Marie van Aswegen;
Barbara Bouwer; Louw du Plessis; Herman en Anna Esterhuizen; Penny Evans;
Richard Ford; Margaret Humphries; Hennie le Roux; Joe le Roux; Gerard Marloth;
Giel Nel; Pieter Oosthuizen; Dennis en Minnie Pretorius; Christa Roberts; Bob
Saunders; Colin Steyn; Robyn Templeton; Gwyneth Thomas; Johan Lourens; Petro
Meyer; Elizabeth Lawrence; Elmarie Pieterse; Johan Lourens (besoeker); Richard
Wolfaardt; Iris en John Stephens.(33)
1.Verwelkoming: Die voorsitter verwelkom
almal teenwoordig en in die besonder vir Elmarie Pieterse en Johan Lourens
(besoeker).
2. Verskonings: Ruth Jobson; Lindsey
Goslin; Lynette Pratt; Kriek Fourie; Ilse van Zyl; Frans en Donna Viljoen; Elsabe Calitz.
3.Afkondigings:
Verjaardae: 25 Jan. – Graham SOUTHEY; 26
Jan. – Louise DICK; 4 Febr. – Hennie LE ROUX en Donna VILJOEN
Oorhandiging
van Merietesertifikate:
Die voorsitter oorhandig merietesertifikate aan Barbara Bouwer; Louise Dick;
Richard Ford; Gerard Marloth en Bob Saunders.
4
Februarie 2012: Genealogie- en Museumdag by die Roodepoortse Museum - 09.00 – 15.00
18
Februarie 2012: Ons Tak se Algemene Jaarvergadering om 14.00 hier. Ons nuwe komitee
word dan gekies daarom is dit uiters belangrik dat elke lid daar sal wees en
sal sorg dat die jaargeld van R200 (posafgelewerde Familia) 0f R150
(elektroniese Familia) betaal is.
Voorstelle
(Suggestion Box)
Vergadering
vandag: Spreker: Neels Coertse oor die Armesorgvraagstuk van die Dertigerjare
(Depressiejare).
Die voorsitter stel Neels aan die
woord.
4.
Toespraak deur Neels Coertse oor Die
Armesorgvraagstuk van die Dertigerjare.
5.
Dankwoord: Die voorsitter bedank
Neels baie hartlik vir die baie interessante toespraak.
6.
Verdaging vir verversings: Die
vergadering verdaag om 15.30 om verversings te geniet. Margaret en die dames
word baie hartlik bedank vir die verversings.
Notule as gelees beskou, GOEDGEKEUR en geteken op .......................... 2012
.....................................
....................................
Voorsitter Sekretaris
20 January 2012
Newsletter: December 2011
The latest newsletter of the branch is published below. Please be
patient while it is loading. Use the icons below the report. "View in fullscreen" produces best results.
Wes-Gauteng-nuusbrief 2012-01
Wes-Gauteng-nuusbrief 2012-01
13 January 2012
'n Lusmaker vir die jaar
Deur John Stephens
Ons eerste vergadering van die komitee en die tak vanjaar is op 21 Januarie. By hierdie geleentheid luister ons na ons eie Neels Coertse. Hy sal praat oor die Depressiejare en die Arm-Blankevraagstuk van die Dertigerjare. Dit behoort ‘n baie interessante voordrag te wees en vir baie van ons lede inligting gee oor Afrikaners wat hulle nie geweet het nie.
Op 4 Februarie 2012 is daar weer ‘n geleentheid saam met die Roodepoortse Museum om ‘n Genealogie- en Museumdag saam te hou.
Op 18 Februarie is dit ons Tak se AJV en sal daar heelwaarskynlik nogal ‘n aantal veranderinge aan die Tak se Uitvoerende Komitee (TUK) wees.
Lucas Rinken het aangedui dat hy nie weer beskikbaar is nie. Hy dien nou amper ses jaar as voorsitter. Sy gesondheid is nie na wense nie en hy voel dat dit nou iemand anders se beurt is om die leisels oor te neem. Bob Saunders het aangedui dat hy bereid is om die taak oor te neem. Sy gesondheid is egter ook nie van die beste nie. Neels Coertse wil die Nuusbrief-portefeulje behou. Kriek Fourie is tevrede by Podukverkope en Giel Nel by die Begraafplaasprojek. My gesondheid is ook nie na wense nie. Daarom sal dit beter sal wees as ‘n nuwe sekretaris gekies word. Alhoewel ek die werk geheel-en-al geniet, kan mens nie altyd doen wat jou hart vra nie.
Die program vir hierdie jaar is al ver gevorder. Die nuwe komitee hoef net die tweede helfte se program in orde kry.
Subscribe to:
Posts (Atom)