JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

18 March 2011

Verslag oor die Genootskap se nasionale algemene jaarvergadering, 2011

Die Genootskap se nasionale uitvoerende komitee het op Saterdag, 12 Maart 2011, 'n suksesvolle algemene jaarvergadering in Vereeniging gehou.  Die algemene indruk was dat die "GGSA-kook".

Daar is gepraat oor 'n nuwe grondwet, nuwe webwerf, nuwe familieregisters, nuwe CD-ettikette, nuwe gen-handleiding nuwe toevoegings tot die begraafplaasprojek en wat nog. 
Die plek waar die vergadering gehou is, was uitstekend, die kos keurig en alles fyn georganiseerd.

In sy jaarverslag het die President, Hendrik Louw,  die volgende aangeroer:

• Die GGSA-handelsmerk moet uitgebou word;
• GGSA-produkte is 'n belangrik bron van inkomste vir GGSA en help om die ledegeld binne perke te hou. Lede word aangemoedig om hulle genealogiese navorsing vir die GGSA beskikbaar te stel.
• Die kwessie van internasionale-affiliasie is op die tafel geplaas. Inligting sal ingewin word en by die volgende NUK-vergadering bespreek word. Die vraag is gevra of GGSA die organisatoriese infrastruktuur het daarvoor.
• 'n Uitgebreide databasis wat die landswye inligting van lede sal bevat word in vooruitsig gestel.
• Die kwessie van takke wat finansiële hulp nodig het, kan hanteer word deur 'n motivering aan die NUK te rig. 'n Uitnodiging word gerig aan takke wat spesiale bemarkingsprojekte aanpak om aansoek te doen vir finansiële steun.

Finansies

Die tessourier, André Heydenrich, het in sy verslag aangedui dat verlede jaar 'n mooi surplus getoon het. Takke kan gerus met kreatiewe bemarkingspogings vorendag. Die surplus is grootliks danksy die verkope van produkte. Ledegeld word met R10 verhoog. Daar is ou Familia’s by André wat takke kan kry om teen 'n afslagprys te verkoop.

‘n Produktelys is beskikbaar by André. Kerkregisters mag nie verkoop word nie en word weggegee saam met van die ander produkte wat te koop aangebied word.

Sestig persent van die takke (7 uit die 11) plus minstens drie lede van die NUK vorm 'n kworum vir 'n AJV-vergadering. Takke wat dit nie kan bywoon nie, kan 'n volmag stuur waardeur hulle wel as teenwoordig aangeteken sal word.

Vise-President, Petro Corejees-Brink

Sy het die afgelope jaar twee referate by buite-instansies gelewer waar die GGSA se werksaamhede op akademiese vlak onder die aandag gebring is. Wat betref die begraafplaasprojek, skryf sy in haar verslag: “Buite ons eie genealogiese kringe weet min mense van die Google Earth projek”. 'n Bewusmakingsaksies sal begin moet word.

GGSA-projekte: Dennis Pretorius

• Gedurende 2009/10 is die Braamfontein begraafplaas, voltooi,
• Die projek om 'n nasionale indeks van die onderskeie meesterskantoor se indekse saam te stel, het nog nie gerealiseer nie, omdat die nodige samewerking van die takke se kant af ontbreek.
• Ontsluiting van die 1984- kieserslys. Tikwerk is steeds aan die gang en vrywilligers word versoek om na vore te kom. Dis ‘n geweldig taak. Takke word versoek om in te koop en 'n letter van die alfabet te “aan te neem”.

Webblad: Dirk Bloem

Die ou webblad word verwyder, omdat dit ou inligting bevat. Die skakel sal egter outomaties oorskakel na die webwerf van EGGSA.

Die nuwe een sou reeds aktief gewees het, as die takke hul inligting aan Dirk gestuur het. Takke wat binne die volgende drie maande nie hulle inligting aan hom stuur nie sal nie op GGSA se webwerf gereflekteer word nie.

Die begrafnisbriewe van SAGen sal op GGSA se webwerf opgeneem word. GGSA-lede word versoek om begrafnisbriewe in te skandeer en aan Dirk te stuur. Die Noorwes-tak sal hulle s'n afsonderlik bemark.

Familia: Richard Ford

Sowat 3 000 Familia’s is dié jaar uitgestuur waarvan die meeste harde kopië is. Die totale koste vir druk en verspreiding was R75 000. Die redakteurskomitee bestaande uit Anne Lemkuhl, Keith Meintjies en Elmarie Weyers word in die verslag spesiaal bedank.

Skakeling En Bemarking: Rentia Landman

Radiopraatjies gelewer
Aanmoediging van die skakelpersone van die onderskeietakke
Hemde met GGSA logo en nuwe GGSA-plakkate in proses

Takverslae

Die takverslae is met dank aanvaar. Hulle spreek van goeie ondersteuning vir hulle lede en besondere inisiatief met bemarking.

Mosie: Noord-Transvaal

Dit handel oor Ancestry24 wat die boeke in die tak se biblioteek wil digitaliseer en die tak vra wat moet hulle doen. Die AJV besluit dat dit nie gedoen mag word nie, maar dat die President met Ancestry 24 in gesprek tree oor die moontlikheid van 'n kontraktuele verbintenis tot voordeel van GGSA-lede.

Bestuursverkiesing

President - Hendrik Louw
Vise-president - Petro Corjees-Brink
Nasionale Sekretaris - Leoni Barnard
Nasionale Tesourier – André Heydenrych
Addisionele lid - Dirk Bloem (GGSA-webtuiste en tegnologie)
Gekoöpteerde lede:
Familia - Richard Ford
Omnibus – Judie Meyer (Johan Pottas was nie weer beskikbaar nie)
Skakeling & Bemarking - Rentia Landman
Projekte - Dennis Pretorius
  • Die volgende AJV is op 16/17 Maart 2012 in Uniondale met die tema: Go Country.