JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

07 March 2011

Verby 600 000!

Lucas Rinken
Verby 600 000, op pad na 700 000.

Dit is wat aan die gebeur is met Lucas Rinken se e-SAGI, seker die mees omvattende genealogiese databasis in Suid-Afrika.

Lucas wat ook voorsitter van die Wes-Gautengtak is, het bekendgemaak dat hy onlangs  bogenoemde syfer bereik het.  En nog is het einde niet.  Hy werk nog elke dag met dieselfde ywer om die data wat hy van oral ontvang, met sy data saam te smelt.  Dis nie 'n eenvoudige proses nie.  Hy moet seker maak dat die inligting wat hy van 'n familie ontvang, inskakel by sy bestaande inligting om sodoende koppelings tussen families te maak. Juis dit is die groot waarde van e-SAGI.  Dis nie bloot net name en datums nie.

Lucas help iemand se familie vind.
Te midde van Lucas se harde werk (eerder slim werk) het hy altyd 'n dankie aan almal wat hom van data voorsien.  "Ek sou dit nooit alleen kon nie," sĂȘ hy telkens as hy 'n nuwe mylpaal bereik.

Lucas is gereeld by genealogiese uitstallings in Gauteng en omliggende gebiede. Dan word hy oorval met navrae -- meestal met goeie gevolg.

Klik HIER vir meer inligting oor e-SAGI en hoe om dit te bestel.