JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

04 August 2010

Navorsing oor Tweede Wêreldoorlog

Ds Kobus van Tonder is die voorsitter van die monument-feeskommittee in Krugersdorp. Hy is 'n kenner van die Dorslandtrek en is tans besig om navorsing te doen in verband met die Kerk tydens die Tweede Wêreldoorlog (1939 -- 1945).

Hy wil in aanraking wil kom met:
• Oud-soldate en oud-lede van die
• Lugmag
• Tuiswag
• Kuswag
• Polisie
• WAAFS
• SWANS
• SAWAS
• WAMPC
• WAAS
• Speurders
• Kleurlingkorps
• Swartkorps
• Ossewabrandwag
• Geïnterneerde immigrante.

As iemand oor enige dokumentasie beskik, soos briewe, dagboeke of foto’s wat hy kan bestudeer, sal hy dankbaar wees om van u te verneem.

Sy kontakbesonderhede is:
Selfoon: 082/544-2879;
E-pos: altydbeter@gmail.com
Posadres: Posbus 5035, Krugersdorp-wes.