JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

22 August 2010

Die Genootskap "Kook"

Die Nasionale Uitvoerende Komitee se tweede van drie vergadering vanjaar is Saterdag, 21 Augustus 2010, by die Randjieslaagte Estate, Johannesburg gehou. Die Johannesburg-tak, was die gasheer.

Die byeenkoms was dermate suksesvol dat die teenwoordiges in die algemeen gepraat het van die "GGSA kook".

Daar is gepraat oor:

• ‘n nuwe grondwet,
• 'n nuwe webwerf,
• nuwe familieregisters,
• nuwe CD-etikette,
• ‘n nuwe genealogiese handleiding en
• nuwe toevoegings tot die begraafplaasprojek.

Die plek waar die vergadering gehou is, was uitstekend, die kos keurig en geurig en alles goed georganiseerd.

Dankie aan Hendrik Louw, president van GGSA, wat al die energie in toom moes hou. -- Berig en foto's:  Rentia Landman, projekleier, skakeling/bemarking.

Voor sit Lucas Rinken, voorsitter van die Wes-Gauteng-tak, verder is John Stephens, mede-visevoorsitter van die Wes-Gauteng-tak, Ferdie van Wyk, voorsitter van Noord-Transvaal en André Heydenrych, Nasionale Tesourier.
Richard Ford, redakteur van Famila is links. Verder is Renier Feldtmann, voorsitter van die Vaaldriehoek-tak en Celia Fourie van dieselfde tak. Renier is tans leier van die vertaalspan wat Legacy uit Engels na Afrikaans vertaal het.
Links is Dirk Bloem, addisionele NUK-lid en voorsitter van die webwerfkomitee, Hendrik Louw, president van GGSA, Margaret Gundry en Natalie da Silva van die Johannesburg tak. Natalie is takvoorsitter.