JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

30 January 2010

Ons nuwe blog

Die Wes-Gauteng-tak het vanaf 3 Februarie 2010 'n nuwe blog. Dit is herontwerp met die volgende in gedagte:
  1. Die leesbaarheid van die blog is beter, omdat met die sleepbalk by elke berig weggedoen is. Op elke bladsy van die tuisblad (home page) sal net vyf berigte verskyn. Lesers kan na daaropvolgende bladsye gaan om ouer berigte te lees. Die blog se kleure is sagter op die oog.
  2. Die blog sal nie oorvol en onnet voorkom nie. U sal slegs die eerste paar sinne van 'n berig sien.  Sodoende sal 'n beter blik op die inhoud van die blog gegee word. Die res van 'n berig kan gelees word deur op "Lees verder/Read more" te klik -- soos hieronder.
  3. Die blog sal vinniger laai, omdat 'n oormaat bykomstighede verwyder of op statiese bladsye geplaas is.
  4. Statiese bladsye het skakels (balkies) in rooi onder die mashoof om dit makliker te bereik en
  5. U kan van nuwe berigte/artikels laat weet word met slegs een klik van u muis.
 Die nuwe blogadres is www.westgssa.blogspot.com. Teken dit aan. Nog beter: berg dit in u "Favourites" of "Bookmarks". (Die adres het net een verskil van die vorige blog: een "g" is met 'n "s" vervang.) Kyk mooi:
  • Oud: www.westggsa.blogspot.com
  • Nuut: www.westgssa.blogspot.com.
Die ou blog (met sy 215 berigte) sal behoue bly. Heelbo, onder die mashoof, is daar 'n skakel daarheen.