JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

10 May 2011

Lucas Rinken se Toekenning van Uitnemendheid

Klik op foto om te vergroot.
Lucas Rinken
Lucas Rinken, jarelange voorsitter van die Wes-Gautengtak van die GGSA, het vroeër vanjaar die gesogte Toekenning van Uitnemendheid van die Genootskap ontvang vir sy waardevolle genealogiese bydrae, in die besonder vir sy werk aan e-SAGI.  (Klik HIER om meer daarvan te lees.)

Hieronder volg sy tipiese, beskeie Rinken-dankbetuiging wat hy in 'n e-pos aan sy vriende gestuur het:

Graag wil ek julle almal bedank vir die nominasie en die pragtige motivering daaraan verbonde.

Soos ek aan julle toe genoem het, het ek geweet dat my beskeie aandeel nie Genealoog van die Jaar verdien nie en ek is dankbaar dat hierdie spogtoekenning aan 'n meer verdienstelike paar gegee is vir die tweede uitgawe van hul prag werk oor die De Beer-familie. My hartelike gelukwensing aan Diwwie en Jaleen.

Dit was nogatans 'n eer om genomineer te gewees het en dat dit uitgeloop het op die toekenning wat wel aan my gemaak is, het my onverwags betrap. Ek het dit nooit verwag nie en dink steeds dat ek dit nie verdien nie.

Ek sien die toekenning egter as nie net vir my nie, want die bietjie wat ek gedoen het was nooit alleen nie.  Daar was altyd vele helpers wat my op hul hande gedra het en my taak ligter gemaak het. Ek kan nie name noem nie, daar is net te veel en dit sal moeilik wees om dit in enige volgorde te rangskik.

My hartelike en dankbare gelukwense dus aan julle almal asook aan baie ander wie nie hierdie e-pos sal ontvang nie.

Dis 'n eer om saam met julle te kan werk. Ek vertrou en bid dat my gesondheid dit vir my sal toelaat om nog lank saam met julle te werk en ons tak verder uit te bou.


Lucas, jy verdien dit deur en deur na soveel jare se ywer en geduld. Geluk daarmee. Die tak is dankbaar om jou in ons midde te hê. -- Die takbestuur.