JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

02 April 2011

Nuwe pryse vir SAG

Prof Christo Viljoen skryf op SA Genealogie:  Mnr Leon Endemann, Hoofnavorser van GISA, het die volgende boodskap deurgegee wat ek graag aan SAGenealogie ingeskrewenes aanstuur om te benut voordat die prysverhoging in werking tree:

"Vanweë verhoogde drukkostes is GISA genoodsaak om die SAG (SA Genealogieë) reeks van boeke se prys te verhoog. Die verhoogde pryse tree onmiddelik in werking, maar tot 14 April 2011 sal die ou tariewe nog geldig wees, d.w.s. R400 per volume en R6 400 per stel van 18 boeke. Daarna, vanaf 15 April, sal die prys verhoog na R500 as kleinhandelprys per boek en R7 200 vir die hele stel."

Deel 5 bestaan uit 2 volumes, dele 5a en 5b. In totaal is daar 18 boeke in die hele stel van 17 dele.

Klik HIER om by GISA se webwerf uit te kom.