JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

09 January 2011

Genealogiedag vervang maandvergadering: 22 Januarie 2011

Vandeesmaand se maandvergadering word vervang met ‘n genealogiedag saam met die Roodepoortse Museum.

Dit vind plaas op 22 Januarie 2011. Dit begin om 09:00 en eindig om 15:00 .

Alle lede is welkom.

Toegang tot die uitstallings is gratis.

Ander uitstallers sluit  Isabel Groesbeek; die LDS onder leiding van Isebelle Krauss; die Heidelbergse Erfenisstigting en moontlik ook Linda Lombard van die Noord-Transvaalse Tak van die GGSA.

Voorts is Neels Coertse oorgehaal om familiebybels te fotografeer. Die publiek en ons lede gevra word om hul familiebybels saam te bring.

• Intussen het Lucas Rinken en Graham Southey gesorg dat die takbiblioteek nou na die kelder van die NG Kerk verskuif is, terwyl Kriek en sy aanstaande skoonseun met die deur wat installeer moes word, gehelp het.