JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

19 November 2010

Is massagrafte aan die kom?

Godsdiensleiers, kultuurkenners en akademici kom vanmiddag (19 November 2010) by die Durbanse stadsaal byeen om die omstrede voorstel oor die herbenutting van grafte te bespreek, berig Radio Sonder Grense.

Die eThekwini-munisipaliteit het onlangs aangekondig dat hy gaan begin om ou grafte weer te benut, omdat daar nie plek is vir nuwe grafte nie.

Die oorskot sal opgegrawe en in 'n massagraf herbegrawe word.

Sowat 20 000 mense word elke jaar in eThekwini begrawe en die stad het nog net plek beskikbaar vir twee-en-'n-halfjaar.

Onlangse berigte in Durban het gelui dat 59 van die stad se 60 begraafplase vol is. Kundiges het nege jaar gelede gewaarsku dat Durban nog net tot 2010 plek sou hê om mense te begrawe en het toe herbenutting van grafte voorgestel, óf om mense regop te begrawe.