JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

23 July 2010

Datums om van kennis te neem

Deur John Stephens, mede-voorsitter en taksekretaris
  • Webwerwe vir familie-genealogie: 18 September 2010
    ‘n Interessante byeenkoms wag op 18 September 2010 om 14.00 op lede van die tak. Die onderwerp is heel besonders en handel oor Webwerwe vir Familiegenealogie.

    Dit word deur Joe Botha met “Powerpoint”-toeligting aangebied.

    Joe sê die praatjie sal gaan oor hoe so ‘n webwerf lyk, wat daarop moet verskyn en hoe dit gestruktureer moet word. Lede sal kan leer hoe om vir so ‘n webwerf te skryf en hoe om dit op die internet te plaas. Joe sal ook wys wat die voor- en nadele van sulke webwerwe is.
    • Bring-en-Brag-dag: 16 Oktober 2010
    Die Wes-Kaap-tak het onlangs ‘n oulike byeenkoms gehad, naamlik‘n “Bring-en-Brag”-dag.

    By hierdie geleentheid bring elke lid ‘n erfstuk saam en kom vertel wat besonders daaraan is. Dit sal ‘n aangename, vrolike en informele geselligheid wees -- presies wat nodig is om taklede se stresvlakke te verlaag.

    Die komitee van Wes-Gautengtak het onlangs besluit om dié voorbeeld na te volg. Dit sal op 16 Oktober 2010 gehou word.
    • Opleidingskursus vir Beginners in Genealogie: 13 November 2010
    Nog een van die tak se voortreflike opledingskursusse sal op 13 November 2010 aangebied word.  dis 'n moet vir enige beginner in die genealogie.
    • Bring-en-Braai-dag: 20 November 2010
    Op 20 November 2010 word bogenoemde gehou. Werksaamhede vir die jaar word dan op ‘n vrolike, aangename wyse afgesluit. Ook hier is geleentheid om stresvlakke tot die minimum af te bring.
    • Genealogiedag: 22 Januarie 2011
    Die nuwe jaar gaan wegspring met ‘n Genealogiedag in samewerking met die Roodepoortse Museum, op Saterdag 22 Januarie 2011. Verskeie takke is genooi om ook hul genealogie-uitstallings daar te kom hou. Die tema van die Museum is “Die Ontdekking van Goud”, of te wel “Go for Gold”. Die Genealogiedag word by die Roodepoortse museum en teater gehou. Dis ‘n hele dag van uitstallings tussen 09:00 en 15:00.

    Die voorsitter van die tak, Lucas Rinken, meen dat dit nie te moeilik gaan wees om die stambome van sekere goudgrawers en goudontdekkers op sy skerm te kan vertoon nie. Manne soos die Struben-broers, Walker en Harrison is voorbeelde hiervan. Daarbenewens kan daar moontlik nog gekyk word na die Eerste Afrikaanse mynmiljoenêr, Willem Petrus Boshoff, se stamboom en geskiedenis.

    Hierdie byeenkoms kan vir die Wes-Rand van waarde hê en kan bydra tot groter en hartliker samewerking met die Roodepoortse museum.

    Vir meer inligting oor enigeen van bogenoemde
    byeenkomste kan John Stephens gekontak word.
    Sy besonderhede is in die kolom regs.