JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

13 March 2010

Nuusbrief: Maart 2010

Neels Coertse het pas die tak se jongste nuusbrief die lig laat sien.  Hy gesels alte lekker oor die tak se aktiwiteite die afgelope maand. 

Klik op "Full Screen" hieronder om dit te vergroot. Wees geduldig terwyl dit laai.
Nuusbrief: Maart 2010

05 March 2010

Die geheim van aanhalingstekens

"Aanhalingstekens."  Vier klein merkies wat jou baie frustrasie kan spaar.

'n Mens hoor aldag hoe mense iets op Google gesoek en dan derduisende moontlik antwoorde gekry het.  Wie kan of wil nou deur die spul gaan of het die tyd daarvoor.

Die oplossing vir hierdie probleem is aanhalingstekens.

03 March 2010

2010: Year of Family Fun

Report and photograph by Penny Evans

Enthusiastic Dennis Pretorius.
The year 2010 will be the "Year of Family Fun" for the West Gauteng Branch of the GSSA, Dennis Pretorius declared at the branch's latest meeting on 20 February.

Dennis spoke about the branch entering its tenth year of existence. The branch was formed on 10 February 2001. He is one of  three founding members still involved in the branch's activities. The other two are Barbara Bouwer and Margaret Humphries.

Dennis called on members to focus on what the branch could do to celebrate the completion of its first decade. He suggested, with input from Japie Bosch, the following:

01 March 2010

Besoek aan Noordwestak: 17 April 2010: Moenie dié een misloop nie


Die Wes-Gautengtak se volgende maandvergadering behels 'n besoek aan die Noordwestak in Klerksdorp op 17 April 2010.

Dit sal 'n uiters leersame dag vir enige genealoog wees, gemeet aan die program, soos hieronder weergegee.

Lede word versoek om met John Stephens, mede-vise-voorsitter en sekretaris van die Wes-Gautengtak, te skakel om reisreëlings te tref, in die besonder om saamrygeleenthede te skep. Sy besonderhede is in die regterkantlyn.

Vir diegene wat op hul eie wil reis: die byeenkoms word gehou by die Klerksdorp-museum, gehuisves in die ou tronk. 'n Padkaart verskyn hieronder.

TydPersoonAanbieding
09h00Verwelkoming
09h30Hendrik LouwPresident, GGSA
10h30Prof Christo Viljoen Hugenote-vereniging van SA en GGSA
11h30Prof Francois vd WesthuizenGenetika vir Genealogie: Benadering en Beginsels
12h30Isabel GroesbeekPraktiese Wenke
13h30Isebelle Krause en Virginia VettenLDS, Rekords en Stelsels
14h00Johan Wolfaart -- OorlogmuseumAngloBoere-Oorlog: Periode-drag

Klik op die kaart om dit te vergroot.

Daar is 'n verskil tussen uitsluiting en vrystelling

Die beoogde Wet Op Die Beskerming van Persoonlike Inligting is vir menige mens doenig met die Genealogie ‘n kwelling. Daar is bekommernisse in hoe ‘n mate genealogiese inligting voortaan ingesamel of selfs geopenbaar mag word.

Hierdie Wetsontwerp sal by GGSA se Algemene Jaarvergadering (AJV) in Maart 2010 aangespreek word. Neels Coertse, ‘n praktiserende prokureur met meer as 30 jaar regservaring en ‘n lid van die Wes-Gautengtak, sal ‘n referaat daaroor lewer. Hy was vroeër nege jaar lank ‘n advokaat.

28 February 2010

Writing your book

Many a genealogist has the desire to publish a book, even if it is for distribution to the family only. How should you approach it?

Chris Stevenson from Utah gives valuable information. Click here. For the uninformed: after you have entered the blog, click on the little black triangles, as shown on the left, to view the index.

27 February 2010

Annual General Meeting, 20 March 2010

Please take note that the Annual General Meeting of our branch will be held at the Church of the NG Congregation, Ontdekkerskruin, Phillips Avenue, Ontdekkers at 14:00 on Saturday, 20 March 2009.

The Agenda,
Minutes of the previous AGM and
Financial Statements for calender year 2009 follow below.

24 February 2010

Müller-familiebond hou 'n saamtrek

Die Antonie Michael Müller-familiebond (nakomelinge van Antonie Michael Müller) hou ’n saamtrek van 9 tot 11 April 2010 op die plaas Kleinberg, buite Mosselbaai.

Daartydens word die opgedateerde Müller-boek van 1990 bekendgestel.  Georganiseerde toere na verskeie geskiedkundige plekke/plase in die distrikte van Mosselbaai, Riversdal en Herbertsdale sal ook onderneem word.

Die Müller-saamtrek wil by die geleentheid nie net die koms van hul stamvader 275 jaar gelede herdenk nie maar ook nuwe familiebande smee. Navrae kan gerig word aan Koot Müller by 083/378-9550 of stuur 'n epos deur hier te klik.

21 February 2010

Labuschagne: 155 op poslys en 800 op Facebook

Herman Labuschagne skryf soos volg op die Labuschagne-poslys:

Ons het nou 155 lede. Ons het ook ‘n Facebook-groep met ver oor die 800. Tik ’n soektog in vir Labuschagne family research” – sonder aanhalingstekens, natuurlik.

Nog iets waarmee julle dalk graag sal wil speel: kyk gerus by www.geni.com. Dit is ’n genealogiese aanlyn-program wat met Facebook geïntegreer is. Dit werk besonder eenvoudig. Dit is ’n konsep waaroor ek en ’n paar ander navorsers al 10 jaar gelede begin droom het.

14 February 2010

Newsletter, February 2010

Neels Coertse (left) recently took over the reigns from Bob Saunders as editor of our newsletter.  Bob requested to stand down due to work pressure.

Neels's first very informative letter follows below.  He indeed had a good example of how to do it after Bob's good work over the last year.

Thanks, Bob, for informing us about branch activities and setting the standard. 

Welcome Neels. We look forward to your initiatives.

Neels inter alia writes about:
  1. Questions and answers at the latest monthly meeting, giving a some important genealogical website links;
  2. The Protection of Personal Information Bill;  
  3. A diary of important dates and
  4. Other branch activities.

    11 February 2010

    Nog twee hartseer-verhale

    Na aanleiding van die Sandra Laing-storie wat onlangs in die nuus was, het Isebelle Krauss soos volg op SAGen gereageer:


    1. Gemengde bloed
      Een aspek van die gemengde bloed in Afrikaner-are (dit sluit almal in wat Setlaarbloed het), is dat daar  ondertrouery met die Koi, Maleiers, Indiese mense en selfs mense van Angola plaasgevind het  Daar was min vroue en baie mans.  Buite-egtelike verwantskappe was veelvuldig.

      Selfs Britse bloed is nie suiwer nie. En ek praat van middelklas-Britte.  Waar dink u het die slawe in Europa heen verdwyn nadat slawerny onwettig verklaar is?

      09 February 2010

      The tragic story of Sandra Laing

      Recently the story of South African Sandra Laing was in the news. The tragic story of how a white girl being born black tore a family apart may be read by clicking here.