JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

05 March 2010

Die geheim van aanhalingstekens

"Aanhalingstekens."  Vier klein merkies wat jou baie frustrasie kan spaar.

'n Mens hoor aldag hoe mense iets op Google gesoek en dan derduisende moontlik antwoorde gekry het.  Wie kan of wil nou deur die spul gaan of het die tyd daarvoor.

Die oplossing vir hierdie probleem is aanhalingstekens.


Neem die volgende voorbeeld: 
  1. Tik Louisa Petronella Jacoba Labuschagne in Google. Dit lewer 6 690 bladsye op.
  2. Doen die soek net in "pages in South Africa. Dit lewer 4 210 bladsye op.
Dis waar die frustrasie lê.
      Die rede vir hierdie groot getalle is dat Google alle bladsye oplewer waarin  enigeen van die woorde "Louisa Petronella Jacoba Labuschagne" voorkom, maar nie noodwendig in dieselfde volgorde nie.

      Só verminder 'n mens dit:  plaas Louisa Petronella Jacoba Labuschagne nou tussen aanhalingstekens. Dit lewer net SEWE bladsye op. Die rede is dat die aanhalingstekens vir Google vra om die presiese frase te soek en niks anders nie

      Jy moet dié een nooit vergeet nie.

      Vir nog soekwenke in Google klik hier. Dis 'n moet. -- Japie Bosch.