JAARPROGRAM

Vergaderings van die tak word elke derde Saterdag van die maand om 14h00 gehou by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort.
Klik op JAARPROGRAM
hierbo vir besonderhede.

13 November 2012

Sterfberigte in koerante, wêreldgebeure, tegnologie in Suid-Afrika

Deur Lucas Rinken

Ons, as genaloeë, besef nie altyd die waardevolle werk wat deur toegewyde mense gedoen word nie. Hoeveel ure se werk moet dit nie neem vir iemand soos Rita Quebbemann en ander nie. Hulle voer doodsberige, ens. in koerante in e-poste aan ons genealogiese poslyste en so word die data aan ons bekende gemaak waar ons dit andersins nie sou raakgesien het nie, want ons lees nie daardie koerante nie.

Ek koop nie koerante nie – het net nie tyd daarvoor nie, maar in hierdie data stel ek, as genealoog, intens belang en kry dikwels kosbare inligting wat ek tot my databasis kan voeg. Vandag weer ‘n berig oor die afsterwe van ‘n DE WET, dié van waarin ek intens belang stel, gekry. Persoonlik stel ek hierdie berigte baie hoog op prys!

Dikwels is dit egter net interesant nuus wat ander families betref en meestal nie eers raakgelees word nie.

Wanneer die data egter seker een van die bekendste figure van die 20ste eeu raak, kan jy nie help om dit te lees nie. En as jy dan ‘n databasis soos e-SAGI beharig, voel jy dat hierdie persoon sy plek in die databasis oor en oor verdien al is hy nie ‘n Suid-Afrikaner nie.

Die berig waarvan ek praat lui:

DOOD:-ARMSTRONG Neil + 25 Aug 2012 op 85 jaar. " Will be buried at sea on 13 Sept 2012 after a public Memorial at Washington National Cathedral". Ingesit deur Sapa-AFP (Chicargo) (sic) DAILY NEWS.

Toe ek met vriend Francois Greeff in London op Skype hieroor gesels het, was sy kommentaar dat die maanlandig destyds deur die grootste enkele TV kykerstal gesien is. Die hele wêreld het gekyk. Maar ons in SA het nie eers TV gehad nie en waar hy toe was, in De Rust naby Oudtshoorn, kon hy nie eers op radio daarna luister nie, want die dorp het nie elektriese krag beskikbaar gehad nie!

Persoonlik, onthou ek egter die gebeurtenis baie goed. Vroutjie en ek het die nag wakker gebly om na die uitsending op radio te luister en het ‘n klankopname daarvan gemaak op haar ou Italiaanse spoelbandopnemer – ‘n baie vroeë model. Nie aan die radio elektronies gekoppel nie – ons tegnolgie was nog nie daar nie. Eenvoudig die mikrofoon langs die radio geplaas en gehoop vir die beste. Ek het nog daardie opnames êrens!

Maar baie ongelowige Thomasse het eenvoudig gesê dis alles in die Amerikaanse woestyne afgeneem en is ‘n groot klug! Meeste het dit egter as ‘n grootse prestasie gesien en dat die Amerikaners die Russe duidelik ver voor was.

Natuurlik was dit wereldnuus! En is op soveel maniere dwars oor die wêreld herdenk. Ek wonder hoeveel seuns is na hom vernoem!

Die indrukwekendste vir my was die seëls en die grootste seël wat ek ooit gesien het. Gelukkig het ek destyds een daarvan aangekoop. Kyk na die skandering daarvan langs huidige Suid-Afrikaanse munstukke wat duidelik toon dat dit nie die gewone seëlgroote is nie!


Toe het ek bietjie op die Internet gaan soek en, soos te verstane is, verstommend baie gekry wat alles nou ingevoer is in e-SAGI. En ek kon sy patriargale lyn vind terug tot by George Amstrong in Gingles, Skotland in 1595!

Ek sal nie die notas hier herhaal nie – dis net teveel – maar maak interesante leestof en is beskikbaar vir enigeen om op die Internet te bekyk. Ek kan dit ook aanstuur aan enigeen wie daarin belangstel.

Sy voorsate was soos volg:

+--- 12-George ARMSTRONG, b. 1595, d.???
+--+ 11-Adam ARMSTRONG Sr., b. Abt 1612, d. 11 Jun 1672
+--+ 10-Adam ARMSTRONG Jr., b. Abt 1638, d. 1696
+--+ 9-Adam ARMSTRONG III, b. 1685, d. 1749
+--+ 8-Adam ARMSTRONG IV, b. 1716, d. 1785
| +--- 9-Mary FORSTER, b. Abt 1685, d. ???
+--+ 7-John ARMSTRONG Sr., b. Abt 1736, d. 22 Jul 1822
| +--- 8-Margaret NIXON, b. 1716, d. 1741
+--+ 6-John ARMSTRONG Jr., b. Abt 1773, d. 1852
| +--- 7-Mary KENNEDY, b. 1738, d. 22 Apr 1812
+--+ 5-David ARMSTRONG, b. 1797, d. 1833
| +--- 6-Rebekah MILLER, b. 1776, d. ???
+--+ 4-Stephen ARMSTRONG, b. 19 Jan 1826, d. 17 Apr 1884
| +--- 5-Eleanor SCOTT, b. Abt 1802, d. 1842
+--+ 3-Willis J ARMSTRONG, b. 16 Jan 1867, d. 16 Aug 1930
| +--- 4-Martha WATKINS, b. 2 Dec 1832, d. 1907
+--+ 2-Stephen Koenig ARMSTRONG, b. 26 Aug 1907, d. 3 Feb 1990
| | +--- 6-George KOENIG, d. ???
| | +--+ 5-Jacob KOENIG,b. 6 Jun 1843,d. 20 Nov 1919
| | | +--- 6-Rosina CHURCH, d. ???
| | +--+ 4-John Henry KOENIG, b. 29 May 1868, d. 30 Nov 1938
| +--+ 3-Laura KOENIG, b. 20 Dec 1874, d. 20 Oct 1956
| | +--- 6-Carl Adam BOESEL, b. 19 Jul 1777, d. 14 Dec 1822
| | +--+ 5-Charles BOESEL, b. 1 Feb 1814, d. 17 Apr 1885
| | | +--- 6-Anna Christina HEIL ,d. ???
| +--+ 4-Clara Elizabeth BOESEL, b. 20 Dec 1875, d. 29 Oct 1958
| | +--- 6-Phillip SCHROEDER, d. ???
| +--+ 5-Mary Charlotte SCHROEDER, b. 15 Jan 1843, d. 23 Oct 1914
| +--- 6-Charlotte LOHMEYER, d. ???
--+ 1-Niel Alden ARMSTRONG, b. 5 Aug 1930, d. 25 Aug 2012
| +--- 5-Martin ENGEL, b. Abt 1810, d. ???
| +--+ 4-Martin August ENGEL, b. 29 Aug 1837, d. 20 Oct 1914
| +--+ 3-Martin August ENGEL, b. 18 Oct 1879, d. 9 May 1909
| | +--- 4-Katrina JACOBS, b. 5 Jul 1837, d. 12 Feb 1893
+--+ 2-Viola Louise ENGEL, b. 7 May 1907, d. 21 May 1990
| +--- 5-Henry Sr Heinrich William KATTER, b. 26 Jan 1823, d. 5 Jul 1880
| +--+ 4-Frederick W. "Fritz" KATTER, b. 25 Nov 1855, d. 7 Feb 1944
| | +--- 5-Anna Christina Elizabeth Christina PETERJOHAN, b. 29 Aug 1827, d. 1 Jan 1902
+--+ 3-Caroline Matilda Korspeter KATTER, b. 6 Feb 1888, d. 7 Mar 1970
+--- 4-Maria Martha (Mary) KATTERHEINRICH, b. 1848, d. ???

Ek wonder nou of daar dalk mense in Suid-Afrika is wat aan hom verwant is. Hoe dit ookal sy, met die skryf hiervan het ek teruggedink, die ou dae herleef en weer besef hoe ver ons tegnologie intussen gevorder het.