JAARPROGRAM
Klik op JAARPROGRAM hierbo vir besonderhede.
03 May 2010
Wes-Kaap stal uit
Die Wes-Kaaptak van die GGSA het die afgelope naweek aan die stokperdjieskou by die Hoërskool Hermanus deelgeneem. Vanjaar het die Nasionale Argief in Kaapstad by hulle aangesluit en 'n stalletjie saam opgestel en beman.
19 April 2010
Die Genealogiedag in Klerksdorp
Deur John Stephens, mede-vise-voorsitter en sekretaris
Vir sommige van ons was dit nogal ‘n uittog om reeds voor 09:00 ons stalletjie by die Genealogiedag in Klerksdorp gereed te hê. Danksy 'n spanpoging was die sake in orde toe die eerste mense hul familienavrae begin vra het.
Bo: Hendrik Louw, GGSA-president, gesels met teenwoordiges by die Genealogiedag in Klerksdorp. (Klik op enige foto om dit te vergroot.)
Daarna het dit eenvoudig net nie afgeneem nie. Die hele dag, ononderbroke, het Lucas Rinken die e-SAGI laat werk. Talle en talle navrae is hanteer. Met die hulp van Kriek Fourie is ‘n hele aantal CD’s ook verkoop.
Maar laat ek voor begin. Herzola van Heerden en Altha van Zyl van die Klerksdorp-museum, in samewerking met GGSA se Noordwestak, het hierdie genealogiese dag op 17 April 2010 in die Munisipale Museum, Klerksdorp (die ou tronk) aangebied. Die doel van die byeenkoms was om genealogie onder die algemene publiek te bevorder.
Kenners van talle vanne (familiename) het hul kennis met die publiek gedeel. Stalletjies het met die spesifieke van (familienaam) buite-op gespog. Sowat 200 mense was teenwoordig. ‘n Mens kon inligting kry oor die Anglo-Boereoorlog en krygsgevangenes; oor 'n verskeidenheid familiename en boeke oor genealogiese onderwerpe was volop.
11 April 2010
Risks of family tree research
London - Researching the family tree may seem an innocuous exercise in understanding your history, until you discover Uncle Albert is really your father.
A new study reveals that people researching their family history often open a Pandora's Box of secrets that can unsettle and offend relatives, sometimes permanently damaging relations, News24.com reports.
University of Warwick sociology professor Anne-Marie Kramer told the British Sociological Association's annual conference in Glasgow on Friday that, of the 224 people who gave her details of their family history research, around 30 mentioned conflict.
Kramer said the main causes of conflict were uncovering unwelcome information, wanting information from relatives who didn't wish to give it, giving relatives inaccurate information, spending more time researching than with loved ones, and coming into contact with hostile relatives.

07 April 2010
Nuusbrief: April 2010
Neels Coertse se jongste nuusbrief van die tak verskyn hieronder. Wees asseblief geduldig terwyl dit laai. Klik op "Full Screen" hieronder om dit te vergroot.
01 April 2010
Nuwe Begraafplaas-DVD en Familia-CD: R70 elk
Twee baie gewilde produkte van die GGSA is pas herbekendgestel met baie nuwe data.
Die nuwe Begraafplaas-DVD het meer as 60 000 bykomende name. Dit is die afgelope naweek by die GGSA se algemene jaarvergadering in Pretoria bekendgestel. Een van die nuwighede daarop is dat gebruikers kan sien wat nuwe en wat ou data is.
Vir die oningeligtes: die Begraafplaasprojek behels die optekening van grafte van veral plase en kleiner dorpies in Suid-Afrika.
Bywerkings word deurentyd gedoen.
Familia is die kwartaalblad van die Genootskap. 'n Artikel oor Familia en sy redakteur, Richard Ford wat in 2007 op ons ou blog verskyn het, is HIER.
Albei produkte is winskopies teen R 70 elk -- as julle voorheen weergawes daarvan gekoop het.
Dit kan bestel word by enige tak van die GGSA of by André Heydenrych, nasionale tesourier van die GGSA. Sy epos-adres is: aheydenr@mweb.co.za. KLIK HIER as u nóú 'n epos aan André wil stuur.
Die nuwe Begraafplaas-DVD het meer as 60 000 bykomende name. Dit is die afgelope naweek by die GGSA se algemene jaarvergadering in Pretoria bekendgestel. Een van die nuwighede daarop is dat gebruikers kan sien wat nuwe en wat ou data is.
Die Begraafplaasprojek (Cemetery Recording Project) van die GGSA het nou gegewens van nie minder nie as 360 000 grafte in Suid-Afrika.
Vir die oningeligtes: die Begraafplaasprojek behels die optekening van grafte van veral plase en kleiner dorpies in Suid-Afrika.
Bywerkings word deurentyd gedoen.
Bo: Vise-president, Petro Coreejes-Brink (regs), ontvang die nuwe
Begraafplaas-DVD van Beverley en Peter Moss, die samestellers daarvan.
Die FAMILIA-CD bevat artikels van die hele reeks Familia's tot aan die einde van 2009 -- met 'n volledige indeks daarby. Familia is 45 jaar gelede gevestig.Familia is die kwartaalblad van die Genootskap. 'n Artikel oor Familia en sy redakteur, Richard Ford wat in 2007 op ons ou blog verskyn het, is HIER.
Dit kan bestel word by enige tak van die GGSA of by André Heydenrych, nasionale tesourier van die GGSA. Sy epos-adres is: aheydenr@mweb.co.za. KLIK HIER as u nóú 'n epos aan André wil stuur.
30 March 2010
Veertien toekennings
Veertien lede is die afgelope naweek by die Genootskap se algemene jaarvergadering in Pretoria met toekennings vereer. Hulle is:
ERE-LIDMAATSKAP
Johan André Heydenrych (Jarelange diens aan die GGSA op nasionale vlak).
GENEALOOG VAN DIE JAAR
Alexis Charles Fuchs (Du Toit-register). Hieronder oorhandig die president, Hendrik Louw, die toekenning aan hom.
TOEKENNING VIR UITNEMENDHEID

- Rachel Mercia Nepgen (Oos-Kaap-navorsing) en
- Frederick Jacobus Myburg (Myburgh-register).
- Helena Claudina Jooste (Kroonstad-konsentrasiekamp-projek) en
- Elsie Maria (Elria) Wessels (Kroonstad-konsentrasiekamp-projek).
- Wes-Gautengtak:
- Jacob Rudolph Jacobus (Japie) Bosch;
- Celia Baylis;
- Richard Ford;
- Robert (Bob) Saunders en
- Johan André Heydenrych
- Noord-Transvaaltak:
- Margaret Natalie Lodder en
- Frederik Jacobus van Wyk
- Vrystaattak:
- Johan Jacob Pottas
29 March 2010
Nuwe nasionale uitvoerende komitee
Die nasionale uitvoerende komitee van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika vir 2010/2011 is die afgelope naweek by die algemene jaarvergadering in Pretoria gekies.
Hulle is:
Die Wes-Gautengtak wens almal geluk en sien uit na 'n jaar van goeie samewerking.
Sommige lede van die nuwe NUK. Hulle is van links af: André Heydenrych, Dirk Bloem, Leoni Barnard, Hendrik Louw en Petro Corjees-Brink.
Hulle is:
| AMP | NAAM |
|---|---|
| President | Hendrik Louw |
| Vise-president | Petro Corjees-Brink |
| Nasionale Sekretaris | Leoni Barnard |
| Nasionale Tesourier | Andre Heydenrych |
| Addisionle Lid (GGSA-webtuiste) | Dirk Bloem |
| Gekoöpteer (Familia) | Richard Ford |
| Gekoöpteer (Omnibus) | Johan Pottas |
| Gekoöpteer (Tegnologie) | Johann J v Rensburg |
| Gekoöpteer (Skakeling en Bemarking) | Rentia Landman en Corrie Evert |
| Gekoöpteer (Huidige Projekte) | Dennis Pretorius |
Die Wes-Gautengtak wens almal geluk en sien uit na 'n jaar van goeie samewerking.
Sommige lede van die nuwe NUK. Hulle is van links af: André Heydenrych, Dirk Bloem, Leoni Barnard, Hendrik Louw en Petro Corjees-Brink.
24 March 2010
Annual report, 2009
Last Saturday Charmain Lucas Rinken submitted his annual report to Annual General Meeting (AGM). The coming Saturday the same report will be considered at the AGM of the National at the Voortrekker Monument, Pretoria. Various matters are addressed. Its worth reading.
21 March 2010
Hobby-X, 2010: a lot of thank you's
By Lucas Rinken, Chairman
This year's show was a GREAT SUCCESS! Possibly the best we have ever had in the years I have been involved.
The big difference was that our branch bought a computer projector and used same to good effect. Whereas in previous years, we sat at the back of the stand with my computer and our database and people had to queue around us there, often filling the store and with a limited number of people being able to see the display, this year the computer was in the front of the stall projected onto a large screen at the back of the stand where everybody INCLUDING passers-by could see and get interested.
20 March 2010
Warm wenk: kry boedelbesonderhede só
Die boedelbesonderhede van ‘n persoon is vir die genealoog van groot belang, omdat dit drie waardevolle dokumente bevat: ‘n sterftekennis, ‘n testament en ‘n likwidasie- en distribusierekening
Hoe kry ‘n mens dit?
Dennis Pretorius verduidelik hieronder.
Hoe kry ‘n mens dit?
Dennis Pretorius verduidelik hieronder.
Donate a book today
This is the 10th year of our branch's existence. We've been challenged by Dennis Pretorius to focus on 10 things. One of his proposals was to add 10 items to the library each month. We can each participate by donating or lending books we don't need to the branch's library. The time to start is now by bringing an item to our meeting today.
If you read this e-mail after the meeting do not despair. Contact Graham Southey at 011/87-4842 and commit by bringing the item(s) at the very next opportunity.
If you read this e-mail after the meeting do not despair. Contact Graham Southey at 011/87-4842 and commit by bringing the item(s) at the very next opportunity.
14 March 2010
The Hobby-X success
Report and Photographs by Penny Evans, blog journalist
From 4 to 7 March the West Gauteng branch set up an exhibit at Hobby X, held at the Northgate Dome in Johannesburg.
Amid the many stalls featuring arts and crafts, power tools, state of the art sewing machines, model electric trains and ultra efficient juicing machines, our genealogy exhibit stood out as being different.
| Her ancestors, Lucas Rinken and e-SAGI were serious business. |
Subscribe to:
Posts (Atom)